3 maande gelede
Niks kry George onder
Mujahid GeorgeFoto: GREGORY NOBLE  ~ 

HY IS ’n sanger, liedjieskrywer en regisseur met ’n baie groot stem wat baie harte laat warm klop.

Mujahid George (30) van die Bo-Kaap het al die verhoog met van die wêreld se top-musikante en -sangers gedeel.

Hierdie jaar vier die sanger 20 jaar in die musiekbedryf en hy is dankbaar en tel sy seëninge vir sy suksesvolle journey tot dusver.

George vertel aan Son op Sondag hy laat niks hom onderkry nie. Hy sê sy vrou, Farzaana, en die kinders is sy inspirasie.

Hy is baie opgewonde oor sy eerste single, “Believe”, wat hy saam met sy broer, Yazied, geskryf het. Die lied gaan oor hoe om struikelblokke in jou lewe te oorwin.

George vertel trots: “Dit was ’n voorreg om saam met die talentvolle producer Ebrahim Mallum in die ateljee te werk.”

Hy sê dit is belangrik dat ’n mens nie toelaat dat die teleurstellings van die lewe jou daarvan weerhou om jou drome te bewaarheid nie. “Wees getrou aan jouself, ontdek jou passie en jy sal suksesvol wees in die lewe.”

George sê nog ’n groot mylpaal in sy lewe is die verkryging van ’n borgskap met ’n motor van Market Toyota in Athlone, want dit maak dinge net makliker om by sy optredes uit te kom.

Mujahid is baie opgewonde oor sy eerste TV-verskyning op Cape Town TV genaamd The Boy from Bo-Kaap.

Die program gaan in September op die kanaal verskyn.

“Dit gaan oor dat jy moet glo in jou drome en elke struikelblok gebruik tot groei in jou lewe.”

Hy maan dat ons nie kwaad in ons harte moet dra nie.

“Jy moet vergewe en waardeer die kosbare mense in jou lewe, want dit is waarlik sukses.”

  • As enige iemand George wil kontak vir optredes, kan die talentvolle sanger bereik word by 083 220 9077.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters