5 maande gelede
Net die begin vir L Jay
kunstenaar: Lenny Johnson wil die jeug met sy musiek bemagtig. foto verskaf  ~ 

‘EK WIL net daardie stem wees vir die jong mense. Hulle moet die boodskap kan sien in my musiek en daarmee relate!”

Só sê Lenny Johnson (20), hip-hop artist van Ruyterwacht in Elsies- rivier. Vir hom gaan dit nie oor die geld en fame wat met ’n celebrity se status saamgaan nie.

“Ek wil hê mense moet die belangrike boodskappe in my musiek kan gebruik in hulle eie lewe.

“Mense moet my musiek geniet en gemaklik daarmee voel.”

Lenny, oftewel “L Jay”, is ’n reg- student in sy eerste jaar aan Unisa.

Hy’t sommer nog groot planne met sy musiekloopbaan.

Lenny vat ons vinnig op ’n journey na waar alles begin het: “Dit was in 2015 dat die sing-gogga my gebyt het.

“Ek was by ’n vriend, Karl Neethling, se musiekstudio hier in Ruyterwacht. Hy was besig om die song ‘Momentous’ te record en het gevra of ek wil help met die recording daarvan. Toe ek agterna luister na my vocals daarop, het ek gereken dat dit nogal cool is.

“Ek het toe van daardie dag af besluit ek hou hiervan en wil musiek my passie maak.”

Lenny het al nege singles aanlyn op SoundCloud, Audiomack en YouTube gelaunch. Dit sluit in “Bringing It Back”, “Jungle” en “Options”.

“Options” gaan daaroor dat jy jou nie moet laat voorskryf deur ander nie. Jy moet jou eie besluite neem en doen wat jou gelukkig maak.

Hy het ook die EP album Just the Beginning met drie songs uitgereik.

Hy werk nou aan sy volle album met 18 songs wat hy in 2019 bekend wil stel. Dit gaan digitaal en op CD beskikbaar wees.

Lenny spog ook daarmee dat hy klavier, baskitaar en trompet kan speel. Hy het op laer- en hoërskool koor gesing en was een van die tien finaliste in laas jaar se Churches Got Talent-kompetisie in Woodstock.

Hy het al opgetree by die fashion show van die Hoërskool JG Meiring in Goodwood, asook in die Shimmy Beach Club by die Waterfront.

Daarby het hy sy talente vanjaar op Jeugdag op SABC2 se Hectic 99-jeugprogram uitgestal.

“Ek stel baie graag daarin belang om eendag in te skryf vir die SA Got Talent-kompetisie, asook die rap-kompetisie van DStv se Vuzu channel,” sê hy. “Ek voel positief ek kan dit doen.”

Oor wat hy dink is die grootste uitdaging vir jong mense, sê Lenny: “Hier op die Kaapse Vlakte is peer pressure die grootste challenge, want baie jong mense doen wat hulle vriende vir hulle sê.

“Ek was nooit iemand wat dinge gedoen het wat my vriende gedink het cool is nie. Almal het geweet ek is Lenny en ek doen my eie ding.

“Dít is hoekom ek deur my musiek tot die jong mense spreek.”

¦ Jy kan Lenny op Instagram en Twitter follow onder sy verhoognaam, “L Jay”, sowel as op Facebook as “Lenny Johnson”.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters