24 dae gelede
Model van Bontas reg vir wêreldverhoog
Angelo Antonio De Vos
Angelo Antonio De Vos maak is reg vir die wêreldverhoog  ~ Foto Verskaf

NIKS minder as dankbaar.

Dit is hoe die 16-jarige Angelo Antonio de Vos voel oor die geleentheid om die land by die International Modelling and Talent Convention (IMTA) te verteenwoordig.

Die IMTA word van 18 tot 23 Julie in New York aangebied.

Die aspirante model en akteur van die Bonteheuwel was al op die loopplank voor grootname soos Joey Hunter, Joey Zangardi-Dixon, Blaze Johnson en Rhavynn Drummer.

Die graad.10 leerder van die Hoërskool Trafalgar is gereed vir die wêreldverhoog en sê hy sal elke minuut laat tel.

“Dit voel nog half onwerklik."

De Vos se reis as model het 'n paar jaar gelede begin toe hy aan model-kompetisies begin deelneem het.

Dit was egter nooit sy plan om hierdie vlak te bereik nie, maar hy is dankbaar dat sy pogings nou vrugte afwerp.

Hy is ook vasbeslote om sy drome te bereik en beplan om sy opleiding en ervaring te gebruik om terug te ploeg in die Bonteheuwel-gemeenskap.

De Vos se oog is op 'n nie-winsgewende organisasie, Trive, in Bonteheuwel. Die organisasie help kinders om gefokus te bly op hul doelwitte, en so 'n positiewe houding te hê en die lewe 'n beter plek probeer maak.

Om hom vir die lewensveranderde geleentheid voor te berei sal Angelo met die hulp van 'n agent vir die New York Film Academy en IMTA, Elsubie Verlinden, 'n bootcamp vir formele opleiding in Sandton, Johannesburg, bywoon.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters