4 maande gelede
‘MJ’ betower die wêreld
NES MJ: Dantanio Goodman het die gehoor op sy voete op opening night.FOTO’S VERSKAF  ~ 

HY HET eers sy broer dopgehou toe dié op die King of Pop se musiek gedans het en vandag toer hy die wêreld vol ter viering van die legendariese musikant se lewe en werke.

Dantanio Goodman, wat al van die ouderdom van nege perform, het Donderdagaand ’n stampvol Kunstekaap-teater op sy voete gehad met Michael Jackson se grootste hits.

Die talentvolle boorling van Kimberley, wat tans in Johannesburg woon, bring die gewilde Michael Jackson HIStory Show na die Kunstekaap.

Hoewel Dantanio al in lande soos Brittanje, Australië en Rusland opgetree het, bly Kaapstad een van sy gunstelingplekke om te perform.

“Dis altyd lekker om by die huis te wees in die somer. Dit is altyd wonderlik om weer by die huis te wees.

Celebration

“Ek hou van hoe eg die mense hier in Kaapstad is. Hulle is nie skaam nie en hulle verwelkom jou met ope arms.”

Dantanio vertel dat hierdie show ’n celebration van die King of Pop se legacy is.

“Die show gaan oor die magic en musiek van die beste performer ooit,” vertel hy.

En dit is beslis wat MJ fans gekry het toe hulle in groot getalle op die openingsaand na die teater opgeruk het.

Van die opgewonde fans het opgedaag in hulle signature MJ-kostuums, kompleet met hoedjies en wit sokkies.

Dantanio se energie is aansteeklik en dit was nie lank nie of die toeskouers was op hulle voete om saam met hom te dans en sing.

Die kunstenaar is nie bang om met die gehoor te interact nie.

Dantanio het sommer ’n hele paar keer in die show van die verhoog af gekom en saam met die gehoor gedans.

Hy, die amazing band en sy vier ongelooflike, talentvolle dansers is die volle pakket.

My hoogtepunt van die aand was die closing song.

Die hele verhoog het getransform en die kostuums was perfekte replikas­ van dié wat in die oorspronklike musiekvideo gebruik is.

Wag, ek wil nie te veel weggee nie. Jy moet self gaan kyk.

  • Die show is tot en met 10 Fe­bruarie op die planke by die Kunstekaap-teater en dit begin elke aand 20:00.

Kaartjies vir die show kos tussen R190 en R390.

Dit kan aanlyn gekoop word by computicket.com.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters