4 maande gelede
Manuel weer tuis by gewilde Rockets

Hulle het hulle verlore seun teruggekry! DIe talentvolle Manuel Losper is terug as voorsanger van die immergewilde disco band The Rockets. Hy neem die plek van Theo Watt, wat die band einde Maart gelos het.

Manuel was van 2010 tot 2014 die bas­kitaarspeler van The Rockets.

Maar sy musiekloopbaan kom al lank aan. Op 16-jarige ouderdom het hy en sy vriend Kino­ October in die kerk begin sing.

“My vriend het my toe geleer om kitaar en keyboard te speel,” vertel Manuel. “Ons twee se eerste song was ‘Jesus is the Answer’.

“Aan die begin van 2000 het ek saam met bishop Nicky Cummins getoer as sy keyboard-speler. Ek het toe in Kimberley gewoon.

Nooi

“In 2004 kom ek Kaap toe en my vriend John Pienaar, key­board-speler van die gospelgroep Kunjalo, nooi my toe vir ’n oudisie as ’n tenoor vir dié gewilde groep.

“Ek was van toe af tot en met 2010 hulle voor­sanger.

“Ek het toe ook baie van hulle songs geskryf. Ons het getoer in plekke soos Amerika, Brittanje en Spanje.”

In 2010 het Jerry Watt, leier van The Rockets, hom gekontak toe hulle ’n baskitaarspeler soek.

“Ek het nog nooit baskitaar gespeel nie. Ek het maar myself geleer om die bass te speel.

“Vier jaar later het ek toe besluit om die Rockets te los om ’n solo career te begin. Dit was baie challenging­.

“As jy nie ’n household naam in Suid-Afrika is nie, moet jy ekstra effort insit. Mense wil nie altyd die risiko vat om jou te boek of te betaal nie.

“Ek het die band Soulful Sounds gestig. Ek was op Noot vir Noot in 2015 en op Musiek Roulette in 2016.

“Dít het baie deure vir my oopgemaak.

“My groep is agterna baie in Gauteng geboek as gevolg van ons verskyning op daardie programme. Die rede dat ek weer by die Rockets is, is dat hulle ’n voor­sanger nodig gehad het.

“Ek het dit aanvaar­ oor hulle popularity en oor ek die ouens van my eie band nie 24/7 kon besig hou nie. Ek het hulle toegelaat om in ander bands te freelance vir ekstra inkomste.

“Dit was later challenging om die ouens bymekaar te kry as Soulful Sounds ’n gig gehad het.”

Manuel is nou vier maande terug by The Rockets.

“Vir my is dit ’n groot voorreg om by ’n band soos The Rockets te wees. Ek meen om uit die 60’s aan te kom en nóú nog sterk te staan – dit wil gedoen wees.

“Hulle is ’n household naam en hulle maintain daai naam nog goed.

“En om saam met die groot gees Jerry Watt te speel is ’n voorreg.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters