3 maande gelede
Lindy vat daai kans en ontdek só haar calling
nuwe GRAPJAS: Lindy Johnson het onlangs haar talent vir komedie ontdek. foto’s Verskaf  ~ 

AS KOMEDIANT het jy baie mag en jy is in beheer.

Maar die doel is nie om mense af te kraak nie. Dis eerder om hulself die butt van die joke te maak.

Só sê Lindy Johnson (24), ’n jong komediant van die Paarl.

Haar roeping om ’n kome­diant te word, het sowat twee jaar gelede gekom toe sy saam met haar huismaats in Stellenbosch aan ’n kompetisie deelgeneem het.

Sy was ’n student aan die Universiteit Stellenbosch toe sy vir die eerste keer die verhoog aangedurf het om haar grappe met mense te deel.

“Al my huismaats het ’n talent gehad, maar ek kon nie sing of ’n instrument bespeel nie.

“Toe moedig hulle my aan om vir die Maties Got Talent-kompetisie comedy te doen,” vertel sy.

Hulle het as een groep aan die kompetisie deelgeneem en net Lindy is deur na die volgende ronde.

Dit is toe die komediant Rob van Vuuren, die host van die kompetisie, haar aangemoedig het om haar jokes by Obviouzly Armchair, ’n open mic spot in Observatory uit te try.

“Ek het dit probeer en van daar af het my loopbaan in comedy rêrig begin. Al het ek dit nie as ’n moontlike career choice beskou nie, het ek die kans gevat en dit geniet.”

Lindy sê haar materiaal word geïnspireer deur haar eie lewe en goed wat met haar gebeur.

“Ek praat oor goed wat ek van weet en dinge wat my pla en my gelukkig maak.”

Sy voeg by dit was net toe sy vir die eerste keer ’n comedy­-kompetisie wen dat sy besef het dit is haar roeping. “Een van my highlights­ tot dusver is toe ek verlede maand saam met Trevor Noah­ gewerk het.

“Dit was ongelooflik opwindend,” sê sy.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters