5 maande gelede
Jimmy sing by konsert vir charity
lOCAL IS LEKKER: Jimmy Nevis gaan optree.Foto: FOTO24  ~ 

DIE Kaapse sensasie Jimmy Nevis is die spesiale gas wanneer die Ecclesia Kingdom Community Church in Athlone op 29 April by die Bellville Civic Centre sy jaarlikse konsert ten bate van behoeftiges aanbied.

Die kerk se worship-leier, Anita Kalie, sê hulle is opgewonde oor die konsert, wat deel is van hul projek Dress for Success. Die geld wat hierdeur ingesamel word, word aangewend om minder­bevoorregte kinders in die gemeenskap te help.

Kalie vertel hul kerk werk veral in Heideveld en Bridgetown.

Die ander acts by die konsert is Covenant Women, EKC Wor­ship Team, Hugo Lambrecht-strykkwartet, Blake Hellaby, past. Donovan Jacobs en Ambassadors for Christ.

Die deure maak 18:00 oop en dit kos R100 om in te gaan.

Vir nog inligting, bel die kerkkantoor by 021 910 4106.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters