3 maande gelede
Groot dinge in pyplyn vir dié cool luke

ONTHOU die naam Luke Goliath, want dié jong man van Port Elizabeth gaan nog sommer groot hoogtes in die musiekbedryf bereik.

Op net 22 spog dié musikant en producer reeds met ’n South African Music Award (Sama).

Dié het hy ontvang vir sy en DJ Maphorisa se uitmuntende vervaardiging van die bekroonde local ster She­khinah se hit “Suited”. Die hit is die highest ranking song op Apple Music se top 20 en het diamantstatus bereik.

Luke vertel sy liefde vir musiek kom al van kleintyd.

“Ek was baie jonk. So 12, 13 jaar oud.

“Ek was nie toegelaat om na secular music te luister nie. My pa het vir my Hillsong United se CD’s en DVD’s gekoop.

“Dit het so ’n heavy rock feel gehad en ek het gesien hoe baie pret die kitaarspelers het en toe besluit ek ék wil ook eendag so ’n ou wil wees. Ek wil ook ’n rock star wees,” vertel hy laggend.

Goliath het weer die charts geskud toe hy onlangs sy nuutste single, “Options”, saam met die opkomende musikant Zaybo, ook van Port Elizabeth, uitgereik het.

Dié song doen verskriklik goed op plaaslike radiostasies.

Saam is hierdie twee jong musi­kante ’n power duo.

“Options” is reeds 60 000 keer op verskeie digitale platforms, soos iTunes, Spotify en Breezer, gestream.

Maar hierdie is nog net die begin vir Luke, wat al die stage saam met groot name soos Sketchy Bongo, Jimmy Nevis, Mi Casa, Short Straw en Desmond and the Tutus gedeel het.

Hy is tans in die studio besig met splinternuwe musiek en hy beoog om dié musiek in die somer uit te reik.

En presies wat kan ons volgende van die twee manne verwag?

Sommer allerhande soorte musiek, verduidelik hulle.

“Ons probeer om onsself nie in ’n boks te sit of om aan te hou om iets spesifieks te doen nie.

“Ons skep musiek afhangende van wat ons op daai oomblik voel.

“Ons glo dat musiek ’n vorm van uitdrukking is en as ’n luisteraar gaan jy presies weet hoe ons voel as jy luister na die musiek wat ons uitreik.”

Beplan

Die twee het groot planne vir 2020.

“Ons beplan om ons music catalogue uit te reik. Ons werk nou al twee jaar hieraan.

“Ons gaan ook ons mees onlangse productions uitreik.”

Luke deel van sy wenke met diegene wat ook beoog om naam in die musiekbedryf te maak.

“Glo in jouself, kry visie en hou daarby.

“Wees realisties in dit wat jy skep. As jy as kunstenaar glo jou werk is goed genoeg, push dit, selfs al sê mense jy moenie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters