4 maande gelede
Groep se styl en groove bly onveranderd
sy belofte: Rocco White sê Groove Station bly by sy ou wenresep. Foto: SALMON SMITH  ~ 

GROOVE Station móét herleef!

Soos onlangs berig, wil die sangers Rico White en Nadeem Parker die destydse Groove Station weer die lig laat sien.

Hierop het ’n aanhanger gesê: “Ek voel dat die nuwe Groove Station ’n fout gaan maak as hulle hul musiekstyl gaan verander.

“Baie mense gaan teleurgesteld wees as hulle gaan hoor dat dit nie dieselfde Groove Station is waarna hulle destyds geluister het nie.

“Die styl van die Groove Station wat ek destyds aangehang het, het ek ge-laaiks. Hul ou groove, die manier hoe hulle gesing het en daardie humoristiese tipe ding...

“Die jong garde weet nie eens van die destydse Groove Station nie. Die ouer garde, wat in die laat 40’s en ouer is, ken dit, want dis húlle wat die groep destyds aangehang het.

“Dit is ons ou garde wat met nostalgie terugverlang na daardie tipe musiek.

Sponsors

“Ek voel Groove Station moenie op radiostasies – wat hedendaagse musiek soek – fokus nie, want dis nie hul mark nie. Groove Station se mark is die ou garde en live shows.

“Hulle moet weer sponsors kry vir hul shows. Hulle moet weer die ou garde uit die huise kry en gemeenskapsale vol maak soos destyds.”

Hierop sê White: “Ons aanhangers moenie worry nie. Daar’s net drie songs op wat die nuwe styl is. Die res van die CD is nog op die ou Groove Station vibe en die humor.

“Ek wil ook hierdeur die jong mense aan Groove Station voorstel.

“Ek weet dat dit vandag se ouer garde is wat ons destyds ondersteun het en ek sê weer baie dankie.

“Ek waardeer dit en sal hulle nooit vergeet nie. Dít is hoekom ek met die nuwe CD dankie sê vir ons mense wat local musiek ondersteun.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters