27 dae gelede
Frederico mik nou na selfs hoër hoogtes
Stoomroller: Die talentvolle Frederico Grainger ken glad nie van ophou nie.FOTO’S VERSKAF  ~ 

DIT lyk asof jet fuel die jong en up-and-com­ing artist Frederico Grainger aandryf.

Hy stroomroller net voort in die musiekwêreld en ken nie van ophou nie.

Hy is talentvol en staan nie ’n tree terug vir groot, bekende musikante in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf nie.

Die artist van Wellington is maar net 21 jaar oud, maar het al tientalle talentkompetisies agter sy naam.

Om net ’n paar te noem: In 2015 het hy die Suidoosterfees se Talentsoektog gewen in die kategorie Best Male.

In 2016 het hy die Drakenstein Talent Search gewen. In 2017 was hy een van die finaliste in SA’s Got Talent. En in 2018 het hy die jaarlikse Global Spotlight Tal­ent Search gewen.

Hierdeur het hy hom op die map geplaas en daar is nou geen keer aan dié talentvolle musikant nie.

Frederico is in die Paarl gebore en het daar grootgeword. Hy het aan die Sekondêre Skool Berg­rivier gematrikuleer.

Hy het grootgeword in ’n familie van musikante en sangers.

Sy pa, Francois Grainger, en ooms het die banjo en saxofoon in Wellington se klopsegroepe bespeel. Sy ma, Cathleen, het in die kerk se worship team gesing.

Dié musiek-agtergrond het hom gegroom tot die fenomenale talent wat hy vandag het.

Al van ’n jong ouderdom sing hy in kerk- en skoolkore.

Hy’t sy liefde vir sang meer ontdek toe hy begin deelneem het aan die kompetisies van die Wellington Klopse-karnaval.

Hy het hom by die klopse-groep Young Stars Entertainers aangesluit. Ander klopse-groepe, soos Ghost­erians, het hom ook later gehuur om solo’s en duets te sing.

Hy tree baie op partytjies, huweliksgesellighede en ander funksies in Wellington en die Paarl-omgewing op.

Frederico het al die verhoog gedeel met groot sterre soos Karen Kortjé, Paxton Fielies, Brandon October, Madeegha Anders, Corlea Botha en vele ander.

Hy het ook al met talle bands soos Cold Sweat, SoulSound en Simply Smooth op ’n verskeidenheid events soos Jazz on the RiverBanks in die Paarl in 2017 en Grant Johnson se Let’s Braai in New Orleans Park (ook in 2017) opgetree.

Frederico kom onder die vaardige hande uit van die Paarlse sanger Sydwell Beziek.

Geïnspireer

Beziek het hom verder touwys gemaak oor die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

Frederico sê hy word geïnspireer deur sy rolmodel, Whitney Houston. Hy glo hy gaan sommer nog hoër hoogtes bereik in sy musiekloopbaan.

  • Bel hom by 063 254 7991.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters