2 maande gelede
Elwira neem fans op ’n reis
NAGTEGAAL: Elwira Standili hou Saterdag konsert.foto: PETER ABRAHAMS  ~ 

“EK LAAT niks in die lewe my onderkry nie, want my hulp kom van Bo.”

Die gospelsangeres Elwira Standili (26) van Worcester sê sy’s reg vir haar indrukwekkende nuwe show, Elwira Standili Live.

“Ek het geleer jy moet gereeld aan jou craft werk, én met harde werk en toewyding kom sukses.

“My geloof in God is my anker en my ouers is my inspirasie in die lewe.”

In moeilike tye sing Standili haar way out, want dit is haar suurstof en daarsonder kan sy nie lewe nie.

Sy verduidelik: “Dit is my eerste produksie waarin ek my eie musiek gaan perform. Dit maak my baie opgewonde.

“Ek wil deur my nuwe musiek my fans op ’n reis vat, veral met die lied ‘Fly Away’.

“Ek dank die Here vir die Idols-platform, want dit het baie deure vir my oopgemaak.

“Ek is ook dankbaar teenoor Celeste Andrews, my suster, wat my voorgestel het aan die vermaaklikheidsbedryf,” verduidelik Standili.

Jeug

“Iets wat my baie opgewonde maak, is dat sy die verhoog saam met my gaan deel met ‘Ek vat jou Hemel Toe’, al is dit ’n Krismis-song,” vertel die sangeres met ’n lekker laggie.

Standili deel ook ’n paar wyshede met die jeug.

“My aansporing vir die jonges is om nooit toe te laat dat jou omstandighede jou in die lewe agterhou nie.

“Jy moet geen verskonings maak nie. Gryp die lewe aan en maak die beste daarvan.”

“Ek is ook so trots op my vriend Cheswyn Ruiters, ook van Worcester, wat nou naam maak op ‘Maak my Famous’.

“Dit bring my groot vreugde om vir hom ’n mentor in die vermaaklikheidsbedryf te wees.”

Die konsert Elwira Standili Live vind Saterdag 18:00 plaas by die Hillsong Church by Kinetic-weg 1 in Century City.

Die gaskunstenaars is Varonica Meyer, Geraldine Adams en die legendariese gospelsanger Wilmot Fredericks.

Die kaartjies kos R150 elk en is beskikbaar by Webtickets.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters