6 maande gelede
Don Vino is steeds kookwater ná 20 j.
reg virrie stage: Die musikant Don Vino van Elsiesrivier vier vanjaar ’n volle 20 jaar in die musiekbedryf.Foto: peter abrahams  ~ 

DIE uiters talentvolle musikant Don Vino Prins vier vanjaar sy 20ste jaar in die musiek­bedryf.

Die Kaapse musikant vier dié groot mylpaal met ’n lekker show, #SaxyVibes2.

Die gewilde saxofoonspeler wat in Epping Forest, Elsiesrivier grootgeword het, sê sy familie, veral sy ma en ouma, was en is nog altyd die groot inspirasie in sy lewe­.

“Ek is dankbaar vir die waardes wat my ouers my geleer het.

“In 1999 was ’n R100 my eerste pay cheque by ’n bruilof en dit was ’n defining oomblik in my lewe. Ek was opgewonde en dis toe dat ek daar besluit het ek wil voltyds musiek maak.”

Die kunstenaar vertel verder: “Ek het nie gedink die musiekbedryf gaan só swaar wees nie, want daar was baie kere waar ek geld verloor het en ek was die enigste broodwinner.

“My vrou, Ronel Prins, het nooit vir my gesê ek moet vir my ’n ‘regte’ werk gaan soek nie en dit het my deur die moeilike tye gedra.”

Don Vino sê hy kry sy inspirasie van die bekende jazz-ikoon Jonathan Butler en Kirk Whalum.

Vanjaar het die musikant ook die verhoog saam met Butler by die Cape Town Jazz-fees gedeel en dit was vir hom een van die hoogtepunte van sy lewe.

Don Vino vertel sy kosbare kinders laat sy hart warm klop, veral as die lewe se uitdagings hom wil onderkry.

Sy debuut-album All the Way is verlede jaar uitgereik. Dit was ook een van die hoogtepunte van sy musiekloopbaan.

Die talentvolle Shaggy Scheepers het die album vervaardig.

Saxy Vibes Productions en Brukman Consulting bied Don Vino #SaxyVibes2 op 25 Mei aan by die Grand Arena by GrandWest.

PJ Powers, Amy Jones, Jonathan Rubain, Uncle Cal, Salome, Andrew Young en Jarrad Ricketts sal die verhoog met hom deel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters