2 maande gelede
Dokter dinge reg met dans
KOSBAAR: Klassen en sy ouma Magrieta Mouton deel die verhoog in Seep. FOTO’S VERSKAF  ~ 
staan uit: Klassen dans heel regs in David Kramer se nuutste produksie, Langarm.

‘WANNEER ek op die verhoog optree, voel dit of ek mense gesond maak. Ek genees hulle.”

Só vertel Byron Klassen met ’n groot glimlag van sy liefde vir dans.

Dit is juis hoe die danser uitgestaan het. Hy is nou te sien in David Kramer se nuutste musical, Langarm,

Al het Byron (27), ’n boorling van Okiep in die hartjie van Namakwaland, nie ’n praatrol in die musical nie, het sy dansuitvoering die mense in die gehoor hook, line en sinker gevang.

“Ek sê nie vir mense wat hulle moet dink nie. Daai tyd voel ek wat hulle sien op die verhoog. Dis die geskenk wat ek gee!”

KOSBAAR: Klassen en sy ouma Magrieta Mouton deel die verhoog in Seep. FOTO’S VERSKAF

Die Namakwalander het drie susters en ’n broer.

Hy het sy skoolloopbaan in Eersterivier voltooi. Hy was eers in die Laerskool Beverley Park, waar hy in gr. 7 deelgeneem het aan ’n groepdanskompetisie, “You Got Served”.

Gekies

Hy het die choreografie gedoen, en sy groep het die tweede plek behaal.

Op daai jong ouderdom het hy al besef hy het ’n liefde vir die kunste.

talentvol: Byron Klassen se ster skyn al hoe helderder.Foto: MELINDA STUURMAN

Die artist het sy skoolloopbaan voltooi aan die Hoërskool Eerste­rivier, ’n fokusskool.

Hy het dans en kontemporêre dans as hoofvakke gekies.

“Ek het nooit kon dink dat ek ’n loopbaan daaruit sou kon maak nie,” sê hy heel opgewonde.

Een van sy grootste inspirasies is sy mentor, Alfred Hinkel. Hy vertel trots hoe Hinkel hom ses maande lank one on one geleer dans het. “Ons het dieselfde visie oor wat dans is,” sê hy.

Hy het ook dansonderrig ontvang aan die Universiteit van Kaapstad, ’n spot gekry by die Dance for All-instituut in Athlone en in New York ’n winterdansskool aangebied.

Al is dit alles hoogtepunte, is die onvergeetlikste produksie vir dié jong man Seep.

Daarin het hy die verhoog gedeel met sy 85-jarige ouma Magrieta Mouton.

Seep was onder Hinkel se regie. Klassen beskryf dit as een van die beste oomblikke van sy lewe. “Ek dink nie ek sal weer so ’n geleentheid kry nie.”

Wanneer Klassen nie optree nie, bring hy baie tyd saam met sy familie deur. “Familie kan wie en wat wees, maar hulle doen iets aan jou. Familie is jou kos. Wanneer jy gevoed is, kan jy weer aangaan.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters