2 maande gelede
Dalin se show vier die coloured kultuur
AS JY weet wat ’n huiswinkeltjie en ’n pakkie Crack ’n Snack is, dan is hierdie show net vir jou! 

Die show Face for Radio van Dalin Oliver, die laitie van Retreat, het só geruk dat dit nou terug is in Kaapstad by die Baxter-teater.

Maar nou gaan hy nog meer mense laat skaterlag, want dié keer is dit nie net die kleinerige Baxter-teatersaal nie. Nee, die grapjas gaan in die Baxter se concert hall optree.

TROTSE CHLORA: Dalin Oliver sê sy show is propvol nostalgie. Foto: Verskaf
Die Kaapse laitie wat ook ’n gekwalifiseerde onnie is, vertel trots van sy humble beginnings in die komedie­bedryf.

“Ek moes die stage vat by ’n comedy club net bo die Lincoln Tavern in Athlone.

“Voordat jy ’n komediant word, het jy die idee dat jy groot stages soos die Baxter en Kunstekaap gaan vat. Jy weet van hierdie mooi spaces, maar jy weet nie van die underground circuit nie.

“Toe ek daar kom was dit baie anders. Daar was so 20 stoele in die klein plekkie uitgepak en ek het ál die brasse gebring.

“Toe moes hulle van die bierkissies daar onder in die tavern gaan haal.”

Die aanbieder van Good Hope FM se breakfast show sê die vier minute op daardie stage was seker die beste vier minute ooit. Hy het daar en dan besef dat comedy sy hartklop is.

“Ek het nie geweet hoe ek dit gaan doen en of ek sukses sal behaal nie, maar ek het geweet dit voel goed.

“Die show is cool, want ek praat van hoe dit is om in die Kaap groot te raak. Dit gaan oor my childhood experiences.

“Byvoorbeeld – ons tjommies in die suburbs weet nie wat ’n huiswinkel is nie. 

“Hulle weet nie dat dit ’n winkel is wat in ’n huis is nie.

“Dit is die tipe dinge waaroor ek in die show gaan praat.

“Hierdie show is nostalgies en mense hou van nostalgia.

“Dit bring al daai ou, goeie herinneringe terug en dit laat jou goed voel.”

’N BELEWENIS: Moenie Dalin Oliver se show Face for Radio in die Baxter misloop nie. Foto: Verskaf
Dalin voeg by dis baie belangrik dat mense verstaan die show gaan daaroor om saam met ons mense te lag en nie vir hulle nie.

“Daar is soveel negatiwiteit in die media en die breër Suid-Afrika oor mense van kleur.

“Ons vind so min goed om te celebrate. Dié show celebrate ons kultuur as mense van kleur.”

Dalin vertel sy show is baie interactive. Hy poog om die gehoor deel te maak van sy show.

Kry gerus jou ma, broer, suster en skoonouers bymekaar en stiek yt by die Baxter-teater.

Die kaartjies vir dié event kos tussen R70 en R120 en is beskikbaar by webtickets.co.za of by Pick n Pay-winkels.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters