5 maande gelede
Anton en sy abs sizzle doer in Hollywood
Anton Jeftha
Die akteur Anton Jeftha vertel van sy journey in Los Angeles. foto’s  ~ Verskaf

DIÉ Kapenaar is ná vier jaar in Los Angeles, Amerika, terug by die huis vir ’n kort rukkie.

Ons het dié week lekker saam met die akteur Anton Jeftha opgevang en gesels oor die projekte waarmee hy daar in Hollywood besig is en hoe hy LA ervaar.

Julle sal die akteur van Belhar herken as die ou in die Outsurance-advertensies. Hy was ook in die internasionale projekte Homeland, Dominion, Death Race: Inferno, Strike Back, Saints and Strangers en Jamillah and Aladdin.

Hy het ook Rhafiek se tweeling-broer, Rhiyaaz, in die local sepie Suidooster gespeel.

Anton (en sy sexy abs) was in 2015 op die tydskrif Cosmopolitan se voorblad ná sy benoeming as een van die sexyste mans in Mzansi.

So, waarmee hou dié hottie hom daar in Hollywood doenig?

Troue

“ ’n Paar maande gelede, toe werk ek aan ’n feature film, The Contrast, waarin ek die supporting lead-rol vertolk het. My karakter se naam is Nate en ek is die beste vriend van die hoofkarakter.

“Ons crash eintlik ’n troue en dit neem ’n interessante wending met onverwagte gebeure.

“Nate is ’n all-American ou wat op vakansie is. Hy is in diens van die Amerikaanse weermag. Hy is ’n bietjie van ’n goofball, hy is over-the-top en clumsy.”

Die akteur vertel die film is tans in post-production en ons kan in Maart 2020 uitkyk daarvoor.

Die ander fliek waarin hy gaan verskyn, is Comic Relief.

“Ek speel ook die supporting lead in dié donker komedie, wat die journey volg van ’n kinderpaartie-nar wat saans werk as ’n stand-up komediant.

Skiet

“My karakter in die fliek is ’n bietjie ernstiger en daarop toegespits om hom te vestig as ’n grown-up saam met sy verloofde.”

Die hunky akteur sê hulle gaan die fliek in Mei volgende jaar in New York of Virginia skiet.

Hy vertel hoewel die lewe in Los Angeles wonderlik is en hy vriende en sakevennote soos agente en bestuurders daar opgebou het, het dit aan die begin moeilik gegaan.

“Dit vat gewoonlik ’n tydjie vir mense om jou goed genoeg te ken om saam met jou te wil werk, asook vir jou om genooi te word na oudisies.

“Dit het my sowat twee jaar gevat voordat ek my eerste advertensie in LA gebook het.”

Anton vertel hy het ’n hele paar odd jobs gedoen voordat hy ’n deurbraak gemaak het.

“Ek het gedoen wat ek moes om te oorleef. Ek het bokse in pak­huise gepak. Ek het hotdogs verkoop.

“Ek was ’n driver wat kids by die skool gaan optel het. Ek was selfs ’n kelner. Ek het ook juwele verkoop en gewerk as ’n A-list celeb se persoonlike assistent.”

Hy vertel hy’t dié werkies gedoen terwyl hy acting-klasse geloop het, asook oudisies gedoen het.

“Dit het my geleer om dinge meer te waardeer.

“ ’n Mens gaan oorsee en dink dit gaan ’n maklike lewe wees, maar nee, dit is ’n hustle.”

Anton, geniet jou tydjie hier in Mzansi en moenie te veel trifle eet nie. Onthou jou abs!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters