5 maande gelede
Alana tree by fees op
ALANA WESSELSFoto: MDC PHOTOGRAPHY  ~ 

‘EK IS mishandel deur ’n familielid, maar die dag toe ek met my man trou, het die genesing begin.”

Só vertel Alana Wessels van die pyn wat sy jare lank moes deurmaak. Sy sê dis by ’n crusade van Billy Graham waar sy haar hart vir die Here gegee het.

“As dit nie vir die genade van die Here was nie, sou ek nou nog verlore gewees het.

“Ek was in ’n put van depressie en het selfs selfmoordneigings gehad, maar die Hemelse Vader het my siel uit ’n donker tonnel kom red.

“Die dag toe ek en my man, Ricardo, die knoop deurhak, het die genesing uiteindelik gekom en vandag is ons gelukkig getroud en geseën met twee kinders, Tiana (13) en Caeleb (9).

Leiding

Wessels en haar man is aktief met die jeug betrokke by hul kerk, The Window of Heaven Fellowship in Strandfontein.

“Ek dank God vir die leiding van my ouers, past. Alan en Merle Thomas, wat ook die pastore by ons kerk is.”

Wessels vertel sy het haar musiekbediening begin toe die bekende gospelsangeres Phillipine Morkel vir haar ’n backtrack gegee het.

“Ek kan nog mooi onthou die liedjie se naam was ‘Lord you Holy’.”

Wessels vertel ook haar eerste lied wat sy self geskryf het, was “Stand Amazed”.

Sy wei uit: “En hier vertel ek van die goedheid en getrouheid van die Here in my lewe.”

Wessels se tweede single, “Keeper”, word gereeld op CCFM en Radio Tygerberg gespeel.

Wessels sê sy weet vir seker dat die Here ’n werklikheid is en dat Hy leef.

Wessels bemoedig die volk met dié wyse woorde: “Hou jou oë op die Here en stap in gehoorsaamheid in jou roeping.”

Wessels sê sy en haar suster Shalane Haywood is baie opgewonde om by die Unity Gospel-fees op te tree.

Dié fees vind op 11 Augustus in die Athlone-staduim plaas.

Kaartjies is reeds beskikbaar teen R100 en as jy een koop, kry jy nog een gratis!

Kontak die feeskantoor by 021 7133 389.

Jy kan Wessels kontak by 066 244 5440 of per e-pos by Alanabb1@gmail.com

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters