6 maande gelede
AKA smeer hom vet vir daardie roast
ster: AKA sê hy wil die youngsters onder sy vlerk neem.Foto’s: Melinda Stuurman  ~ 

KAPENAARS wil glo hy behoort aan ons, maar eintlik is hy ’n Joburg boytjie.

Dit is my eie Kiernan “AKA” Forbes (31) van wie hierso gepraat word.

Ek was bevoorreg genoeg om sowat twee weke gelede my droomman, dié musiekster, by Heart FM se Heart Cape Town Music Festival te ontmoet.

Kykie, maar kan die man vir jou ’n performance opsit!

AKA het die gehoor behoorlik op hulle voete gehad met songs soos “Fela in Versace”, “All Eyes on Me” en “Caiphus Song”.

Almal wou ’n piece van die rapper hê, maar sy bodyguards was omtrent lastig.

Gelukkig kon die ster darem ná sy wow optrede ’n paar gevleuelde woorde met my deel.

AKA het my sommer uit die staanspoor laat verstaan hy is nié soos almal dink, van Mitchells Plain nie.

Volgens hom het hy wel in die stofstrate van Westridge in die Plain gespeel, maar hy het eintlik in Bellville grootgeword.

AKA kuier vandag steeds by sy ouma wat daar woon.

Hy vertel: “Ek was seker so ses jaar oud toe ons Joburg toe getrek het.

“Baie mense dink ek is van Mitchells Plain, maar ek het eintlik in die Table Bay groot­geword.”

AKA se liefde vir musiek kom van sy pa, wat gereeld na die musiek van mense soos The Commodores en Carpenters geluister het.

“Dít het gemaak dat ek met verskillende beats begin rondspeel het.

“Ek het songs aanmekaar gesit en dit begin opneem.”

AKA bieg “Fela in Versace”, die song wat so groot gegaan het, was eintlik die Nigeriese vervaardiger Kiddominant (26) se tune.

“Ek was daardie week by die Superbowl in Sun City toe Kiddominant my van die song vertel. Hy het vir my gesê hy wil hê ek moet na die song luister.

“Ek was baie impressed daarmee en het ’n paar Suid-Afrikaanse sêgoed bygegooi.”

AKA sê sy nuutste liedjie, “Jika” (saam met Yanga Chief), is sy tweede wedding song.

Hy meen hy is nou óór wedding songs.

Die kunstenaar is wel heel opgewonde oor die Roast of AKA, wat op 11 Maart op Comedy Central (DStv-kanaal 122) première. Bekendes soos Joey Rasdien, Francois van Coke, Mark Fish en die snaakse Papa Penny gaan AKA se naam ’n bietjie gat maak.

En op 15 Maart begin sy Megacy Over Everything Tour.

Dit word ingelui by die Zip Zap Circusin Kaapstad en daarna maak AKA ook ’n draai in Durban en Midrand, Johannesburg.

AKA sê hy gaan tydens dié toer op die jong klomp fokus.

Die ster wil die jong outjies ’n bietjie expose aan die musiek wat hy maak en hulle onder sy vlerk neem.

AKA wou niks verklap oor sy verhouding met sy baby mama, die 35-jarige DJ Zinhle, nie. Hy het net gesê hy is tans baie gelukkig met sy lewe.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters