5 maande gelede
Wendy besluit net daar sy wil ophou wegkruip
 ~ 

HAAI, Sonlanders! Vandag plaas ons ’n kortverhaal uit die pen van GWENDOLINE KORDOM. Sy noem dit Nag van Angs. Lekker lees!

VERWARD staar ek deur die venster die donkerte in.
Dis die dertiende verdieping, om Vadersnaam. Hoe kon iets daar buite verby beweeg het? Dis toe dat die geskree begin.

Ek vlieg orent. Tien oor twee. Wat was dit? Tien oor twee! Hemel, waar is Tenita? Besef sy nie dis al so laat nie?

Vreesbevange gooi ek die kombers eenkant en glip uit die bed. Beweeg kaalvoet na die venster. Druk my gesig teen die kantgordyn.

Onder in die straat is nie ? lewende siel sigbaar nie.

’n Lig vanuit die leë gebou oorkant die straat trek my aandag. Dit flikker. Is dit ’n tipe sein?

As ek net nie so verdomp bang was nie.

Die geraas van ? sleutel wat knars in die slot, vang my onkant. Ek duik na die bed.

Angstig lê en wag ek die naderende voetstappe in.

“Wendy! Wendy!” Tenita se stem laat my verlig sug. Ek het skaars die kamerdeur oopgesluit toe sy instrompel.

Die reuk van alkohol kleef aan haar.

“Is dit die tyd om hier aan te kom?”

Sy giggel. Waggel verby my en val met ? plof op die bed.

Binne sekondes begin sy snork. En ek is weer alleen soos my vinger.

Ek stap gang af. Sy het die woonsteldeur oopgelos. Vervlaks!

Ek sluk. Stuur vinnig op die deur af. My hand is alreeds om die handvatsel toe ? skaduwee oor die opening val.

Ek druk die deur toe. My vingers sukkel met die slot.

Uiteindelik kry ek dit gesluit. Angsbevange leun ek terug teen die muur. My bors deins op en af.

Wie was dit? My gedagtes is nes hare deurmekaar gewoel.

? Harde klop ruk my amper van my voete af. Dit word dringend.

Ek hoor vlak asemhaling aan die ander kant.

Gee ? tree agteruit. Uiteindelik skraap ek my moed bymekaar en loer deur die lens.

Die agterkop van ? man verskyn. Wie is hy en hoekom praat hy nie?

“Ek soek my geld!” bulder hy skielik.

Charlie! Dis onmoontlik. Ek vlug gang af. Ek moet Tenita wakker kry. Ons moet wegkom.

Sy lê nog in dieselfde posisie. Ek pluk aan haar arm.

“Tenita, Tenita! Word wakker!”

Geen beweging. Sy slaap die slaap van ? dooie.

Trane van magteloosheid rol oor my wange.

My oë vee oor die vertrek. Ek moet iets kry om myself mee te verdedig.

Hoekom moes Tenita vanaand van al die aande besluit om haar in ? koma te suip?

Dis haar skuld dat ons in dié gemors sit, haar idee om Charlie se geld te steel.

Het sy gedink om te vlug sal ons help om weg te kom van ? man soos Charlie? Nooit.

Hy is ’n gewentenlose misdadiger.

Dis óf hy óf ons. Iemand gaan vanaand sterf.

Ek is moeg van uit ? tas lewe. Van permanent oor my skouer kyk.

Ja, die lewe het ons stief behandel. Charlie is die enigste pa wat ons ken.

? Snik ruk deur my bors. Ná jare in ? weeshuis het die ryk kinderlose paartjie ons opgeraap.

Die pleegouers was toe al die tyd siek misdadigers wat jong kinders as seksslawe gebruik.

Jare lank uitgelewer en mishandel deur die hom en sy patetiese vrou. Die dood was jou voorland as jy sou praat.

Totdat Tenita op sy kluis afgekom het so ’n paar maande terug.

Ek strompel kombuis toe. Pluk laaie oop sover ek gaan. Kies ten laaste die grootste mes.

Ek is moeg van wegkruip.

Vasberade stap ek op die deur af. Sluit dit saggies oop.

Ek moet ’n paar keer asemhaal voordat ek dit oop pluk.

Die plek waar Charlie gestaan het, is leeg.

Ek het skielik die moed van ? leeu en tree vorentoe.

Kyk eers links en toe regs. Die gang is leeg.

As dit sy manier is om my verder op hol te jaag, maak hy hom laat. Woede het die plek van vrees ingeneem.

“Kom uit, jou lafhartige bliksem!” skree ek gang af.

Stilte.

Ek wag ? paar sekondes.

Skouerophalend draai ek terug. Ek maak seker ek sluit die deur agter my.

Terugflitse van sy harige lyf teen myne laat my gewalg die kombuis instrompel.

Ek gryp my kop tussen my hande. Sak grond toe.

Rou snikke skeur deur my bors. Dit vat ? paar sekondes om te kalmeer.

Mes in die hand stap ek op die kamerdeur af. Tenita snork .

Demmit. Noudat ek haar so nodig het...

Die punt van die kantgordyn lig skielik. Met pieringoë gewaar ek die venster is oop.

Ek stap op my tone nader. My senuwees is rou geskaaf.

Hoe kan niemand iets hoor of sien nie? Is ek die enigste wakker persoon in die gebou vanaand?

Hoe kon iemand die venster oopmaak? Dit is die dertiende verdieping. Tensy...

Die blote gedagte laat die bloed in my are stol.

Uit die hoek van my oog gewaar ek die skaduwee langs die hangkas. Hy storm op my af.

Verlam van skok laat ek die mes val. Hy duik my plat.

My oorlewingsinstink skop in. Ek stamp hom van my af en nael vir die deur.

Ek het skaars die kombuis gehaal, toe ek voel hoe hy my aan die hare vloer toe pluk.

“Help! Help!”

Hy druk die mes teen my keel.

“Hou jou bek of jy vrek.

“Waar is my geld?!” bulder hy bo my kop.

Ek beduie na die kamer.

Hy sleep my kamer toe en ruk my orent.

“Wys my!” sis hy in my oor.

Ek wys na die hangkas.

Hy los my skielik en stap op die kas af.

Ek raap die mes op en druk dit in sy rug weg.

Ek gee ? tree agteruit toe hy hygend nader kom.

Ek hardloop na die venster. Ruk die gordyn weg en maak die venster wyer oop.

Charlie strompel op my af. Ek duik weg.

Hy tuimel deur die venster. Sy gille weergalm deur die nag.

Toe word alles stil.

Ek staar in afgryse na sy lewelose liggaam op die sypaadjie.

Die son se eerste strale kruip tussen die geboue deur.

Ek hoor die geloei van sirenes in die verte.

My knieë knak.

Ek val in ? bondel neer.

Ondanks die vrees en onsekerheid wat wag, staan een gedagte helder uit: Charlie sal nooit weer sy smerige hande op my of my suster lê nie.

My nag van angs is verby.

  • Die einde

Wat dink jy van hierdie storie? Enige voorstelle? SMS na 32369.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters