6 maande gelede
Vader Bennie moet tussen 2 meisies kies
 ~ 

HAAI, Sonlanders! Vandag plaas ons ’n nuwe verhaal uit die pen van KEITH MEYER. Hy noem ditLos die gesalfde uit”. Vader Bennie Koopman is ’n jong predikant wat beroep is na ’n gemeente in die skilderagtige dorpie Riversdal. Lees nou wat gebeur.

HY IS maar skaars ses maande deur die diocese van Kent na die dorpie gestuur en is reeds ’n hot favourite in die gemeente.

Hy is net 25 jaar oud en sekerlik die hubaarste en aantreklikste jong man wat die dorp getref het.

“As my dogter maar net met ’n man soos vader Bennie kan trou.

“Watter skoonma sal nie met hom wil spog nie?

“Sy preke is deeglik voorberei en tref elke siel met diepe insig.

“Dis soos die koortjie wat ons sing: ‘You won’t leave here like you came...’ met elke preek wat jy in sy kerk sit. Jy is truly ’n rescued soul as jy daai pragtige klipkerkie verlaat,” laat Mary Swarts hoor.

Vir die vroue van die Women’s Circle, die vrouevereniging van vader Bennie se kerk, is dit omtrent asof hulle manna uit die hemel gekry het.

Elke liewe jong en ongetroude vrou het ewe skielik haar oog op die jong, sexy predikant.

Dis duidelik dat die jag oop is en elke rokdraer in die parish wil ’n kraak slaan.

Vader Bennie is alte bewus van die attention wat hy van alle jong en sexy vroue in sy kerk kry.

“Susters, julle sorg te goed vir my. Ek kry nie eens kans om self vir my ’n eier of ’n koppie koffie te maak nie. Asseblief, julle gaan my vet maak.”

“Vader Bennie, ek stuur somma my dogter Lissie om Vader se pastorie te kom regtrek,” laat suster Jenny hoor.

Vader Bennie ken vir Lissie baie goed.

Hulle het al een of twee keer in die pastorie gekuier.

’n Band het reeds tussen dié twee begin ontwikkel.

En moenie ’n fout maak nie, die ander moontlike kandidate met hul oog op die predikant, het reeds begin groen raak van jaloesie.

Dit was duidelik dat Lissie en vader Bennie ’n couple is wat in die hemele gemaak is.

Kort voor lank het hulle dan ook verloof geraak.

Meagan Petersen, die dorp se jong skoolhoof, was ook tot in haar rooi hare verlief op vader Bennie.

En ook dít het Bennie geweet, maar sy hart het ’n punt getrek na Lissie toe.

Bennie was ’n lid van haar skool se beheerliggaam.

Die dorp het begin skinder oor die twee dames, wat toevallig ook besties was. Saam grootgeword en saam ge-swot. Maar nou was hulle rivals.

Vader Bennie het gereeld by die skool die godsdiens-byeenkoms gaan waarneem.

Dan het Meagan die kans gevat om met vader Bennie te flirt.

En so het daar high hopes in Meagan se mind en siel begin ontstaan.

“Vader, ek wil vra of u my asseblief na die konferensie vir hoofde en beheerliggame in die Kaap sal vergesel. Dit is volgende naweek?”

“In die haak, juf Meagan. Ek reël net met een van die hulppredikers om die diens Sondag waar te neem.

“Ek need ’n break. Ek moet net vir Lissie sê ek sal haar dan nie daai naweek na haar ouma in Stilbaai kan neem nie,” sê hy.

Toe Lissie daarvan hoor, is die hel los: “Daai meid het lankal haar oog op my soul mate.

“Dit is haar plan om hom af te vry...”

En toe voeg ’n briesende Lissie by: “Maar liewer dood as wat sy hom afvry!”

Lissie was die duiwel in.

Ál vader Bennie se mooi preke oor die duiwel en sy jaloesie was gou-gou vergete.

Toe Bennie en Meagan daardie oggend vertrek, het Lissie reeds uitgevind in watter hotel in Kaapstad hulle sou tuisgaan.

Sy het toe ook skelm vir haar ’n kamer in dieselfde Protea-hotel bespreek.

Lissie het haar goed vermom en het die twee soos ’n skaduwee gevolg.

Nou was dit duidelik dat Meagan die jong predikant vir haarself wou hê.

Daardie Saterdagmiddag ná die workshop het Meagan en Bennie langs die swembad ontspan.

En toe begin dinge warm raak tussen dié twee.

Die duiwel het sy kloue in die gesalfde se siel ingeslaan.

Saterdag het die twee net ná aandete saam in Meagan se kamer gaan kuier.

Lissie was omtrent rasend van woede en wou met alle geweld toeslaan.

Sy bel Bennie toe van haar selfoon af.

Hy antwoord: “Haai, Lissie, ek wou nou net skakel. Ek mis jou vreeslik. Ek ry sommer vannag terug huis toe.

“Meagan kan maar Sondagoggend se sessie alleen bywoon.

“Ek kan nie ’n dag langer sonder jou wees nie.”

Meagan het ongelukkig die hele gesprek gehoor.

Sy gooi toe later ongemerk twee slaappille in Bennie se koffie – in die hoop dat hy vas aan die slaap sou raak en dan in haar bed sou oornag.

Ná ’n stomende liefdesessie gaan stort Bennie en lig Meagan in dat hy huis toe moet gaan, want daar is by die pastorie ingebreek. Só oortree hy die gebooie...

Toe Bennie se Bee-Em uittrek, volg Lissie hom.

Sy voel heel gelukkig dat Bennie tot sy sinne gekom het, maar sy is salig onbewus van die slaappille wat hy in het.

Die pad is donker en stil. Dit is net die twee karre op die pad en sy volg hom op ’n veilige afstand sonder om gesien te word.

Sowat 5 km voor Riversdal begin Bennie se motor erg swenk. Meteens verlaat die voertuig die pad en rol die veld in.

Lissie stop en begin gil.

Motoriste wat verby ry, bel die polisie en die nooddienste.

Lissie is in ’n toestand.

Almal wonder wat maak Lissie en Bennie daar in twee aparte karre op ’n Saterdagaand.

’n Omstander wat hulle ken, vra verbaas: “Was vader Bennie dan nie veronderstel om met Meagan by die beheerliggaam-konferensie te wees nie?”

Sondagmiddag slaan die ongeluk hoofnuus op RSG.

Meagan is juis ook op pad huis toe ná die konferensie toe sy haar radio aanskakel.

Die skokkende nuusbulletin tref haar soos ’n hamer tussen die oë: “Vader Bennie Koopman, ’n jong predikant van Riversdal, is gisteraand in ’n motor­ongeluk naby die dorp dood.

“Dit lyk voorlopig asof hy aan die slaap geraak het op die gelyk stuk pad ...”

Meagan skrik so groot dat sy onwillekeurig aan haar stuurwiel ruk en beheer verloor oor haar motor. Die kar rol ses keer voordat hy op sy dak beland.

Haar liggaam het reeds met die derde rol uitgeval.

  • Lees volgende Sondag verder

Wat dink jy van hierdie storie? Enige voorstelle? SMS na 32369

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters