17 dae gelede
Lewis moet sy gat roer weens dorp se woede
 ~ 

HAAI, Sonlanders! Vandag plaas ons die tweede aflewering van ’n verhaal in twee dele deur KEITH MEYER. Hy noem dit “Die Wiel Draai”.

DIE dorpie Klawer is die laaste tyd geruk deur twee siek gebeure.

Eers is die erg geskende lyk van ’n meisie op ’n koppie buite die dorp gevind. Alles dui daarop dat haar berk haar vermoor het.

Kapt. Peter Lewis, die top-speurder in die polisiegroep, probeer sy bes om die berk vas te trek, maar sy waterdigte alibi plaas hom weg die crime scene.

Die inwoners is opstandig oor niemand vir die moord in hegtenis geneem is nie.

Maar dan, soos die noodlot bepaal, is daar nóg ’n misdaad.

Hierdie keer is dit ’n meisie wat in ’n kloof in ’n woonbuurt gerape is.

Lewis is ook op dié toneel. Die meisie se naels is onder bloed en vel soos sy die verkragter van haar lyf af probeer hou het.

Lewis reël dat die girly na die hospitaal geneem word waar sy behandeling moet kry.

Lewis staan die joernalis wat die story cover, te woord.

“Die meisie is so getraumatiseer, sy kan nie praat nie. Die sielkundige wat haar berading gee, glo sy sal weer praat namate die post-traumatiese stres afneem.

“Ek kan jou nou al sê ek het ’n vermoede die verdagte wou haar vermoor. Maar die werkers van die skoenfabriek wat haar gille gehoor het, het hom laat weghol.

“En hier is jou punch­ line: Hierdie rape en die moord op die girly op die koppie maande gelede hou verband met mekaar.

“Ek glo dis dieselfde vark se werk. Jy kan maar ‘vark’ skryf. En ek sal nie ’n hel tot rus kom totdat ek die gemors toegekap het nie.”

Lewis stuur intussen die weefsel wat onder die meisie se naels was, na die polisie se lab om getoets te word.

Later herwin die rape-slagoffer haar spraak. Sy try om die hele voorval aan Lewis te vertel.

“Ek was op pad huis toe. My boyfriend het na ons laitie gekyk, want hy wou nie die aand saam met my uitgaan nie. Toe ek elfuur se kant huis toe stap, was dit stil.

“Toe besluit ek om ’n short cut deur die bosse te vat.

“Toe ek my kom kry, toe sit die jong – ’n lang maer ou met ’n balaklawa oor sy kop – bo-op my.

“Hy het dadelik getry om my jeans van my lyf af te skeur. Hy het my mond toegedruk. Gelukkig was die jeans te tight.

“En soos hy getry het om in my onderlyf te kom, so het ek sy gevreet gekrap. Dat die bloed loop.

“Ek dink hy moes gedrug gewees het, want hy het dan nie eens geskreeu dat hy seerkry nie. Die wit vet van sy wange het uitgesteek.

“Maar toe die werkmense verby gekom het, het hy gat gevat. Anders was ek gerape,” vertel die tenger maar aantreklike girly.

Die cops stuur ’n soekgeselskap uit om te soek na ’n jong wie se gesig erg gekrap is.

“Sy gevreet lyk nes ’n rooster soos dit gekrap is. Soek sommer by alle omliggende hospitale en klinieke of daar ’n jong was wat medical assistance benodig het,” is Lewis se strict orders.

Lewis gaan besoek die huis van die moord- en nou ook rape-verdagte. Hy bly agter in ’n shack by sy ma-hulle.

Sy ma-hulle sê hulle het hom lanklaas gesien en hy het lanklaas in sy shack geslaap.

Dit laat Lewis en sy assistent snuf in die neus kry. Nou moet hulle hom in die hande kry.

Intussen het die report van die lab teruggekom. Dit stem ooreen met die DNS van die vel onder die naels van die meisie wat op die koppie vermoor is.

Nou moet dit net gematch word met Lewis se verdagte ... as hulle hom net in die hande kon kry.

Dan kry Lewis ’n oproep. “Ek verneem die verdagte bevind hom nou in Bellville-Suid.

“Hy kruip daar weg en kom glo net saans uit nadat hy gou-gou werk as ’n bouncer gekry het.”

Maar waar in Bellville-Suid bevind die jong hom?

Nou moet Lewis link met sy kollegas in Bellville-Suid.

Hy ry een oggend vinnig Kaap se kant toe. Bellville-Suid toe.

Binne minute slaan die hele se cops op ’n yard toe. Die mense van die straat is oproerig, want die cops toon geen mercy nie.

Lewis skop ’n deur oop. En daar sit die verdagte met ’n gesig wat lyk asof dit met ’n verroeste rasper geskraap is.

Hy skrik hom boeglam.

Die verdagte weet sy uur het geslaan.

“Ek sal saamwerk as ek ’n pleit­ooreenkoms met Saps en justisie kan aangaan. Ek sal skuldig pleit op voorwaarde dat ek net vir poging tot verkragting toegesluit word. Want daai jeans was te styf.”

Lewis knik instemmend.

Die verdagte smile in sy mou, want hy dink hy spring die aanklag van die moord op die girly op die koppie vry.

Maar hy hou nie rekening daarmee dat Lewis nie koerantpapier rook nie. Lewis weet donkiedrolle is nie vye nie, soos die mense in Klawer sê.

Hy word in hegtenis geneem en in die plaaslike cop shop aangehou.

Dis vir sy eie veiligheid, want die gemeenskap smaak om ’n boendoehof te hou en om hom “met metjies en petrol” uit te haal.

Een van die woelige anties smaak soos hel en bensien.

“Die vark kom van die plaas af. Die boejong moen mos getjek het hierdie is nie die plaas nie. Nou wil hy sy luck hier kom try.”

Sy gee ’n duidelike boodskap aan Lewis en sy manskappe.

“Hy wil ons community met sy k*k kom besmet. Netma try hy hier ook rape en moord pleeg.

“As hy bail kry, kan ons die cops ’n geseëlde brief gee.

“Hy sallie lewendig gevang word nie.

“Hierdie is nie Peter Tosh se Captured Live nie. O’s gat vi’ hom uithaal of laat uithaal.

“Ons soek safer communties en die ienagste manier is soms om die law in ons eie hande te neem.

“O’s het jare gelede geleer hoe om met metjies en petrol te dala.”

Nou besef Lewis hy moet sy gat roer. Hy kan nie kanse vat met die upset community nie.

Lewis laat dadelik ’n monster van die verdagte se vel neem en laat dit by die lab toets. Die toets draai so ’n paar dae.

Daardie Maandagoggend gaan haal Lewis die verdagte, wat in die cop shop lê. Hy wil hom weer ondervra.

Hierdie keer gaan hy sy deurbraak in die moord- en rape case bekend maak. Hy maak seker lede van die media is naby.

“Die weefsel wat onder die naels van die vermoorde meisie gekry is, stem 100% ooreen met die weefsel wat onder die naels van die rape-slagoffer gekry is. Ek kla jou aan van moord asook rape met verswarende omstandighede.”

Dan vlieg die verdagte op en spring deur die venster van die cop shop se derde verdieping en val na benede.

Hy breek sy nek, asook sy rug, op twee plekke ...

  • Die einde

Wat dink jy van hierdie storie? Enige voorstelle? SMS gerus na 32369.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters