Verlede maand
Zozi wil nou ook die koppe swaai
Zozibini Tunzi
Zozibini Tunzi  ~ 

ONSE mooiste meisie is swart en sy is trots daarop.

Zozibini Tunzi is gatvol vir mense wat haar kleur en natuurlik hare teen haar hou.

Die beauty queen, wat op 9 Augustus as Mej. Suid-Afrika gekroon is, het in die sosiale media harde woorde gehad vir diegene wat slegpraat van haar.

Zozi laat hoor: “Ek wil net ’n oomblik vat om ’n post af te staan aan al die onaangename kommentaar wat ek gekry het oor my swartheid sedert ek gekroon is. Ek wil sommer praat oor comments wat op alle meisies met bruin velle gerig is.

“Nie oor dit my seermaak of omkrap nie, maar ek sien ’n geleentheid om mense op te voed en oor ’n ernstige kwessie te praat.”

Ons queen sê sulke comments spruit uit hoe society swart meisies oor die algemeen sien.

“Wanneer mense kwetsende en negatiewe goed kwytraak oor swart vroue en swart mense in die algemeen, vat ek nie maklik offense nie.

Wanopvattings

“Die samelewing is voorheen so geprogrammeer dat niks moois daarin gesien is om swart te wees nie. Hoe minder lig van kleur jy is, hoe leliker is jy.

“Ek gaan na Mej. Heelal met die hoop om watter wanopvattings ook al te shatter.

“Aan wie ook al dink dis nie mooi om swart te wees nie: Ek kan nie wag dat jy die diepte en magic van ’n swart vrou ervaar nie.

“Ek is ’n dogter van die African soil en ek is pragtig.”

Ek is jammer, Zozi. Jammer dat jy sulke goed moes aanhoor en jammer dat mense vandag steeds so dink.

Ek is diep skaam om ’n Suid-Afrikaner te wees, maar ek is trots dat ons so ’n sterk vrou soos jy as ons queen het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters