2 maande gelede
‘Zoeloe-koning’ wen titel, miljoen én kar
wenner: Nicole Capper en Durao Mariano wens Rob geluk toe hy gekroon is as die sole survivor van Survivor SA: Island of Secrets. Foto: sowetanlive.co.za  ~ 

HY HET al 20 die ander castaways outwit, outplay en outlast.

Donderdagaand is Rob Bentele (28) (en sy mooi arms!) as die sole survivor van Survivor SA: Island of Secrets gekroon.

Die “Zoeloe-koning” van Empangeni in KwaZulu-Natal met die pragtige groen oë stap weg met ’n kontantprys van R1 miljoen, ’n blink, nuwe Mahindra KUV100 NXT K8 ter waarde van R205 000 en ’n voucher van R10 000 van Cape Union Mart.

Kingpin

Dit is geen geheim dat die hunky Rob die helfte van die castaways om sy pinkie gedraai en die ander helfte ’n rat voor die oë gedraai het nie.

So, dit was geen verrassing dat die mense in die Twitter-strate bly was dat die kingpin weggestap het met die Survivor-titel én as die fan favourite nie.

Nie net het Rob die meeste immunity challenges gewen nie, hy het die beste social game van die castaways gespeel en met daai looks was hy beslis almal (lees: vroulike kykers) se favourite.

Die ander twee saam met Rob in die top-drie – die voormalige mev. Suid-Afrika Nicole Capper en Durão Mariano – was bly toe Rob hulle finaal uitoorlê het.

Dis was so amper of die slang, ag, ek bedoel Nicole, het die titel onder sy aantreklike neus weggeraap.

En wat gaan die Zoeloe-koning, wat ’n videograaf is, met die miljoen rand doen?

Rob verduidelik: “Ek was nog altyd agter die kamera, maar nou met Survivor was ek vir die eerste voor die kamera. En ek het dit gelove. Ek wil die geld gebruik om in daai droom van my te belê. Ek gaan nou Johannesburg toe verhuis en werk maak van dié droom.”

Dit klink vir my asof ons nog sommer baie van Rob (en sy arms) oppie kassie gaan sien.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters