27 dae gelede
Zoe Saldana is box office queen
skatryk: Zoe Saldana is in beide die top grossing movies. Foto: getty images  ~ 

NIE net is sy die queen van space nie, sy is heel beslis die queen van die box office ook.

Zoe Saldana speel mos in die movies Avengers: Endgame en Avatar. En dis dié twee movies wat bo aan die lys by die box office is. Hulle is die toptwee wat die meeste geld gemaak het.

Die movie Avengers: Endgame het nou amptelik stof in die oë van James Cameron se 2009 epic, Avatar, geskop. Dis nou die highest-grossing movie nog.

So, dit maak Zoe die queen van die box office en queen van space.

Avatar was tien jaar boaan die lys van movies wat die meeste tjieng by die box office gemaak het. Volgens younghollywood.com het dit $2,8 miljard (sowat R39,8 miljard) wêreldwyd laat inrol.

Vir ’n oomblik het dit gelyk asof Avengers: Endgame nooit daai totaal gaan bereik nie. Maar die re-released extended version wat laas maand uitgereik is, het gesorg dat Endgame koning kraai. Dit het Avatar met omtrent $500 000 (sowat R7,1 miljoen) verby gesteek.

Nou glo fans die eerste stap om ’n suksesvolle movie te maak is om Zoe Saldana daarin te laat speel. Dis ook belangrik dat jy die mooi 41-jarige aktrise ’n ander kleur paint en sorg dat sy ’n aardige, kalerige skepsel is.

In die bogenoemde movies kan ’n mens dit maar stel dat dit die blou Zoe teen die groen Zoe is.

So, Zoe is eintlik haar eie grootste mededinger.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters