27 dae gelede
Zodwa show nou haar Ben 10 af
Duifies: Zodwa Wabantu sê sy is mal oor jonger aantreklike ouens.Skermgrepe: Instagram  ~ 

NADAT sy ons lank getease het met foto’s van haar Ben 10, weet ons nou eindelik hoe hy lyk.

Mzansi se kaalste realiteitstêre, ag, skuus... realiteit­ster, Zodwa Wabantu (33) het mos in ’n Instagram post gesê ons sal maar die tweede reeks van haar reality show Zodwa Wabantu: Uncensored moet dophou as ons wil sien en weet wie haar nuwe katelknaap is.

Ek lees op Channel24 die local danser het aan die publikasie TshisaLIVE gesê sy is dolverlief op haar Ben 10, Vusi Buthelezi.

Zodwa sê dié nuwe romanse is die rede waarom haar vel deesdae so glow. Sy is nou weer in die dating game drie maande nadat sy en haar langtermyn boyfriend Ntobeko Linda hulle verlowing verbreek het.

Liefde

Donderdag het Zodwa nóg ’n post oor haar DJ-berk gemaak. In die caption van die video sê sy: “Ek date net ’n handsome boy. In ons swart gemeenskap word hy ’n Ben 10 genoem. Ek is lief daarvoor om verlief te wees. Ek soek nie stres in my lewe nie.”

In die video hang die twee aan mekaar terwyl hulle saamsing met Miguel se song “Adorn”.

En moenie dink dis ’n eensydige liefde nie.

Die jong lat het op die post gecomment: “Dankie, babe. Ek is lief vir jou.”

Hy het die comment afgesluit met ’n hele paar hartjie emoji’s.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters