26 dae gelede
Yank praat SA vroue moed in
Jena Bell FOTO VERSKAF  ~ 

“VROUE van Suid-Afrika, julle is gebore met ’n spesifieke doel op aarde.”

Só het die Amerikaanse motiveringspreker Jena­ Bell Saterdag op ’n Vrouemaandfunksie aan ’n groep vroue in Langa gesê.

“Ek is geboelie op skool.

“Maar ek het nie toegelaat dat dit my onderkry nie, want ek het geweet wie ek in Jesus Christus is.

“My ouers was baie beskermend teenoor my en dit het gehelp dat ek ontdek wie ek in die Here is.

“As jy die regte keuses van vroeg af in jou lewe maak, sal dit bepaal waarheen jy op pad is.”

Uitgereik

Bell het aan die vroue gesê somtyds moet ’n mens kanse vat en op die water loop, want jy sal nooit weet wat voorlê as jy nie probeer nie.

Bell, wat pas haar eerste boek, Mirror Affirmations, uitgereik het, is in November terug in Kaapstad vir ’n vrouekonferensie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters