4 maande gelede
Woordfees kry ’n bietjie spice
KOM KYK: Nancy, Shiela & Gayle is by die Woordfees op die planke.  ~ Jeremeo Le Cordeur

NANCY vir jou as dié teaterstuk nog nie op jou kyklysie vir vanjaar se Woordfees is nie.

As jy likes van spicy en flambojante karakters is dié show net vir jou. Die briljante teaterstuk Nancy, Shiela & Gayle is een van die shows wat jy nie moet misloop op die jaarlikse kunstefees wat op 6 Maart in Stellenbosch afskop nie.

Ons het die week gepraat saam met Keanen Engel, skrywer en vervaardiger van die teaterstuk.

Engel vertel die show het begin deur sy bekoring met die unieke taal wat deur die LGBTQI+-gemeenskap gepraat word.

“Dit het ontstaan deur my fassinasie met Gayle – ’n cultural phenomenon wat aanvanklik deur die LGBTQI+-gemeenskap geskep is. Ek wou ’n storie skep waar Gayle (die taal) sentraal staan. Ek wou deur Gayle ook die kalklig plaas op die lewens van veral queer mans en hulle separate journeys met gender en identity politics en hoe dit ons perceptions oor mekaar kan in­fluence.”

Engel sê mense sal baie wyshede uit die show kan leer.

Noodsaaklik

“Gehoorlede sal hopelik wegstap met ’n appreciation vir individuals wat ondanks hulle omstandighede steeds waarde in hulle lewe soek.

“Die drie drag queens met hulle uitspattige kostuums en unieke karakter het elkeen ’n storie. En elkeen se storie is belangrik en noodsaaklik. Ek hoop gehore besef almal is geregtig om na geluister te word.”

Hy vertel dat hoewel dit vir hom baie lekker was om gestalte te gee aan ’n baie uitdagende konsep en teks, moes hulle hoofsaaklik staatmaak op hulle eie experiences.

Hulle het natuurlik hulle creativity ook ingespan.

Nancy, Shiela & Gayle is ’n celebration van Gayle, ’n kykie in die lewe van marginalised mense wie se oë skitter met wilde drome, maar later ontmasker word deur ’n wrede werklikheid. Mense kan uitsien na ’n emosionele kragtoer met net genoeg flair en fantasie.”

Die show Nancy, Shiela & Gayle word vervaardig deur Jodecee Solomons. Die teks is geskryf deur Engel en die rolverdeling sluit in Engel, Solomons en Clint Sawyer.

Die show is 11:00 op 12 Maart, 18:00 op 13 Maart en 16:00 op 14 Maart by die Hoërskool Lückhoff te sien.

Kaartjies kos R80 by Computicket of R100 by die deur.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters