24 dae gelede
Werk nou aan ander talente, sê Rodney
INNOVEREND: Rodney Buys sê dit is belangrik om ’n back-up plan te hê.  ~ Foto Verskaf

“EK HET in die tyd van Covid-19 kom leer om my familie en vriende meer te waardeer.”

Só vertel Rodney Buys, ’n musikant van Kraaifontein.

Die musikant meen jy moet altyd ’n back-up plan hê, want in tye van nood is dit ’n groot hulp.

“Ek moes kyk na ander maniere vir ’n inkomste, want baie van my gigs is gekanselleer.

“My boodskap aan kunstenaars is: Wees gedissiplineerd in dié tyd en tap in op jou ander talente.

“Ek dank God vir my vermoë om ander sangers te help met hul produksies in dié tyd.

“Ek help veral in die studio’s om liedere te vervaardig.”

Hy pleit verder dat inwoners hul deel moet doen om die virus te bekamp.

“Kom ons wees gehoorsaam aan die government en hou by die reëls. Wees veilig en bly by jou huis.

“Ons moenie agteroorsit in hierdie tyd nie. Kom ons maak ’n verskil en reik uit, want die behoefte is groot in ons gemeenskap.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters