Verlede maand
Wêreld groet Aretha
oorlede: Boodskappe van medelye was oral op sosiale media ná Aretha Franklin se dood. Foto’s: verskaf  ~ 

BOODSKAPPE van simpatie teenoor wyle Aretha Franklin (78) stroom in op sosiale media.

Die musiek-ikoon het haar jare lange stryd teen pankreaskanker Donderdag verloor.

Die ikoon se loopbaan het oor meer as 60 jaar gestrek. Sy is een van die topmusikante van alle tye. Van haar albums is daar al meer as 75 miljoen wêreldwyd verkoop.

Die celeb-wêreld ween oor die Queen of Soul.

Die Obamas het hul medelye op so­siale media laat hoor. En selfs die Orange One, pres. Donald Trump, het sy medelye getwiet.

Die Obamas meen Aretha was Amerika se eie weergawe van royalty. Sy het in 2009 by oudpresident Barack Obama se inhuldiging opgetree.

Obama het gesê Aretha het gehelp om die American experience te definieer en haar musiek sal ’n inspirasie bly.

Hy twiet: “In haar stem kon ons ons geskiedenis voel, alles daarvan. In elke shade – ons krag, ons pyn, ons donkerte, ons lig, ons soeke na verlossing en ons respek.”

Die Orange One het weer getwiet: “Die Queen van Soul, Aretha Franklin, is oorlede. Sy was ’n great vrou met ’n wonderlike gawe van God – haar stem. Sy gaan gemis word.”

Rus sag, Queen of Soul.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters