6 maande gelede
Vroue vat Bond oor, sê Naomie
classy: Naomie Harris speel in die nuwe Bond 25 movie.Foto: getty images  ~ 

DIE nuwe Bond movie word nou gemaak en Naomie Harris praat uit daaroor.

Sy was dié week in Londen by ’n summit en om ’n star-studded dinner van die ontwerper Michael Kors by te woon.

Die maak van Bond 25 het onlangs in Jamaika begin. Naomie sê meer vroue speel nou in die spioenasie-riller.

Sy is bly Phoebe Waller-Bridge, wat help om die fliek te skryf, gaan die movie ekstra woema gee met al die vroue. “Die ou Bond is iets van die verlede.”

Naomie hervat die rol van Eve Moneypenny en Daniel Craig is vir ou laas James Bond.

Phoebe het die laaste jare groot indruk gemaak met die shows Fleabag en Killing Eve. Daily Mail

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters