7 dae gelede
Vreemde dinge gebeur ná Nipsey hussle-moord
WEIRD: Die vermoorde rapper Nipsey Hussle se merchandise het van die rakke gevlieg as ’n tri­bute.Foto: EBONY.COM  ~ 

EK KEN nie die ou nie, maar hy was glo ’n legend in die rap-wêreld. Ek praat nou van Nipsey Hussle (33).

Hy is vroeër dié maand voor sy winkel in Los Angeles ’n hele paar keer geskiet en is aan sy wonde dood.

Die cops dink dit was gang-related (die verdagte is ene Eric Holder). Die gru-moord het die entertainment-wêreld daar omtrent op hol gehad.

Op sy memorial service in LA het dinge nog weirder geraak nadat twee mense Vrydag daar raak geskiet is.

En nou het dinge volgens TMZ selfs nog weirder geraak.

Die rappers Meek Mill en The Game is twee van die celebs wat op ’n yslike shopping spree gegaan het by Nipsey se winkel, The Marathon Clothing. Dis glo ’n klein gebaar om die ou se familie te help.

Freebies

TMZ sê as ’n lead-up tot die rapper se “life celebration” in die Staples Center het die ou se merchandise omtrent van die winkelrakke gevlieg by die winkel in Slauson Avenue in LA.

T.I., 2 Chainz en talle basketbal-sterre het baie geld daar gespend. Hulle het glo geen freebies aanvaar nie en het vir alles betaal.

’n Instagram-video van Meek wys die winkel is omtrent gestrip van alles. Honderde fans het ook kerse en kaartjies voor die winkel gelos.

Soos ek sê, baie weird. Ek kan nie die goed opmaak nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters