2 maande gelede
‘Vrede’ vir Brangelina
uitmekaar: Brad Pitt en Angelina Jolie het oor support vir die kinders ingestem.Foto: WireImage  ~ 

BRAD Pitt en Angelina Jolie het tot ’n “vreedsame” ooreenkoms oor custody gekom.

’n Bron het aan US Weekly gesê Pitt (54) en Jolie (43) het hulle custody hearing afgestel.

Hulle het ’n tussentydse ooreenkoms oor die kinders bereik nadat daar voorstelle gemaak is.

“Angelina help die kinders om met hulle pa tyd te spandeer en hulle geniet die laaste paar dae van die somervakansie voordat die skool begin.”

Angelina het vroeër die maand gesê die akteur betaal nie genoeg support aan die kinders sedert hulle uitmekaar is nie.

Brad het dit ontken.

’n Bron sê Angelina is baie lief vir haar kinders en wil net die beste vir hulle hê.

“Die probleem is dat sy voel sy moet alleen custody oor hulle hê.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters