2 maande gelede
Victory in God gevier
talentvol:Stacey Abrahams en Monique Samuels is opgewonde oor hulle konsert.FOTO VERSKAF  ~ 

MONIQUE Samuels en Stacey Abrahams se uitgangspunt is: Soek eers die koninkryk van God.

Dié twee susters van Ravens­mead vorm die gospelgroep Destined.

Hulle bring binnekort die Vic­tory-konsert stage toe.

Monique sê: “Baie vertrou op prinse en idols, maar ons vertrou in die Here, wat altyd op die regte tyd deurkom.

“Baie kere is die uitdagings van die lewe so hewig terwyl die storms rondom jou woed, dan vra jy jouself: Waar is die Here dan?

“Wanneer jy stil word voor die Here, stry Hy vir jou en maak ’n weg.”

Die susters het ’n record­ing-kontrak vir ’n single losgeslaan nadat hulle deelgeneem het aan ’n sangkompetisie wat deur die Kunjalo Love Fellowship Inspiring Artists Foundantion gehou is.

Dié single, “Victory”, word gereeld op die Christelike radiostasie CCFM gespeel. Daniel Titus het die song geskryf.

Monique sê: “Die lied sê jy is meer as ’n oorwinnaar deur die Here wat jou die krag gee. Soek eers die Here God, dan sal al die ander dinge vir jou bygevoeg word.

Kinkels

“Ons nuwe lied, ‘Overcome’, is deur Byron Levi geskryf. Ons kan nie wag om dit met al ons ondersteuners te deel nie.

“Die pad is dalk vol kinkels, maar ons vertroue is in die Here. Hy sal dit spoedig uitvoer.”

Die Victory-konsert vind Saterdag 19:00 plaas by die Enon Tabernacle Church, Mimosastraat 18, Somerset Heights. Die kaartjies kos R120. Varonica Meyer, Lindzay Corban, Chadleigh Gowar en Larry Johnson gaan ook sing.

  • Kontak Paul Abrahams gerus by 074 448 1919 vir nog inligting.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters