Verlede maand
Vele glo Siya sien nou met ‘derde oog’
Siya Kolisi
Twiittergebruikers glo Siya Kolisi het nou oorgestap na die donker kant. Foto:  ~  Getty images

MENSE op Twitter is daarvan oortuig dat onse Springbok-kaptein, Siya Kolisi, ook nou ’n lid van die Illuminati is.

Dit volg nadat Siya hom laat laas maand aangesluit het by ’n magdom swaargewigte in sport as die nuutste toevoeging tot Jay-Z se Roc Nation Sports International, ’n hoëprofiel-sportbestuursmaatskappy.

Om die prestasie te vier, het die Bok-flank ’n video op Instagram gelaai waarin Roc Nation hom welkom heet in sy sportfamilie.

Wat die twieps se wenkbroue egter laat lig het, is toe hy in die video die sogenaamde Illuminati-simbool met sy hande gemaak het.

Siya is afgeneem waar hy die berugte “Roc-A-Fella”-diamant-handgebaar maak wat baie mense glo die “derde oog” is wat glo hand aan hand gaan met die gevreesde Nuwe Wêreldorde (NWO).

Satan

Ek lees op Zalebs Jay-Z word nou al lank met die NWO gelink.

Die NWO-organisasie beheer glo die moderne wêreld en kunstenaars soos Beyoncé, Rihanna, Lady Gaga en ander.

Al is Siya uit sy vel en al het hy die kontrak lag-lag geteken, glo sekere Twitter-gebruikers Siya het nou oorgestap na die dark side saam met Satan en sy duiwelse trawante.

Een gebruiker twiet: “Ek het nie geweet Siya Kolisi het die Illuminati gejoin nie.”

Nog ’n twiep skryf: “Al wat ek weet, is dat die driehoekteken wat Siya met sy hande maak, vir die Illuminati is.”

Ek volg onse Springbok-kaptein nou al ’n geruime tydjie op Instagram en ek weet dat hy en sy vroulief nogal gereeld na die Hillsong Kerk in Century City gaan. Hy is ook baie gelowig, so ek hoop nie die hele Illuminati-ding is waar nie.

Wat dink julle?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters