3 maande gelede
Veelbesproke 'Moffie' draai nou in cinemas
OP SILWERDOEK: Die movie het Vrydag in plaaslike teaters begin draai.  ~ Foto Verskaf

DIE opspraakwekkende plaaslike movie Moffie word sedert Vrydag in teaters landwyd vertoon.

Die movie gaan oor ’n jong dienspligtige wat die alledaagse wreedheid van die weermag in die 1980’s in Suid-Afrika probeer oorleef.

Die movie het in September op die Venesiese Filmfees gepremière.

Resensente wêreldwyd het dit sedertdien geloof.

Rolverdeling

Dit is gegrond op die gelyknamige memoir deur André Carl van der Merwe.

Die vervaardiging is behartig deur Eric Abraham en Jack Sidey, met medevervaardiging deur Theresa Ryan-Van Graan.

Moffie se rolverdeling sluit in Kai Luke Brümmer (as die hoofkarakter, Nicholas van der Swart), Hilton Pelser, Matthew Vey, Stefan Vermaak van onder meer High Rollers- en Binne­landers-faam en Ryan­ de Villiers.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters