27 dae gelede
Vaarwel, Johnny – ons gaan jou mis
bring eer: Verskeie musikante het saam op die verhoog ’n performance gedoen om Johnny Clegg te vereer. Foto’s: gallo images  ~ 

VRYDAG het Mzansi sy wit Zoeloe gegroet.

Van Suid-Afrika se mees prominente mense en musikante het hulle laaste eer aan Johnny Clegg gebring toe sy gedenkdiens by die Sandton Convention Centre gehou is.

Van die sprekers wat aan die ikoon hulde gebring het, is John Kani, minister Nathi Mthethwa, die joernalis Max du Preez, asook die navorser Charles van Onselen.

Minister Mthethwa het grappig verwys na Johnny as een van die min wit mans in Suid-Afrika wat kan dans.

Die wyle kunstenaar se oudste seun, Jesse Clegg, het ook hulde aan sy pa gebring met ’n baie roerende performance. Hy het die song “I’ve Been Looking” gesing wat hy en sy pa saam geskryf het.

Jesse het genoem dat hoewel ons almal sy pa geken het oor sy ongelooflike talent as musiekkunstenaar, sy pa basies ’n eenvoudige familieman was.

Ons sal jou vir altyd onthou, wit Zoeloe.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters