6 dae gelede
Tyra nog ‘reg’ vir hot cover
oud? Nee waT! Die sexy Tyra Banks is op die “rype” ouderdom van 45 terug op die cover van Sports Illustrated se swimsuit edition.Foto: people.com  ~ 

DIE sexy supermodel Tyra Banks is terug in die nuus.

Sy het nou uit model-retirement gekom vir ’n Sports Illustrated swimsuit issue. En dit op die “rype” ouderdom van 45.

Dis ’n volle 22 jaar vandat sy haar solo-debuut op die Sports Illustrated swimsuit issue se voorblad gemaak het in 1997. Dis nou haar derde keer.

Na my mening was sy ’n interessante wackjob in haar reality TV show, America’s Next Top Model, en in ander media deur die jare.

Maar sy lyk definitief donners goed.

Verskyn

En volgens Channel24 het Tyra die volgende te sê gehad: “Hierdie is vir almal wat vertel word dat hulle nie goed genoeg is nie weens hulle liggaam, hulle ouderdom, hulle alles,” het sy langs die voorblad op haar Twitter account geskryf.

Volgens die feature in die mag het Tyra haar eerste verskyning in 1996 op die cover langs Valeria Mazza gemaak nadat sy reeds in 1993 binne-in verskyn het.

En toe word sy in 1997 die eerste gekleurde vrou wat solo op die cover verskyn.

In die kort video sê Tyra sy hét al op die cover verskyn, maar sy het nooit kon dink dat sy op háár ouderdom op die tydskrif se cover sal verskyn nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters