Verlede maand
Trouklokke vir Ramone en Michelle
Verlief: Ramone Samuels en Michelle September.Foto verskaf  ~ 

RAMONE Samuels gaan afhaak.

Hy het op Dinsdag 22 April verloof geraak aan sy girlfriend, Michelle September.

Wanneer ’n mens met Samuels gesels, kan jy sommer hoor hoe verlief die man is.

Volgens hom het Michelle se Cupid-pyle hom diep getref. Hy vertel hoe hy en haar broer saam by Paul Roos op skool was en dít is waar hy haar die eerste keer raakgesien het. Toe hulle mekaar weer in 2018 raakloop, het hy geweet dié pragtige girl gaan sy vrou word.

Sexy

Hulle het op 22 April 2019 begin uitgaan.

Ramone vertel dat Michelle ’n babaseun verwag wat in September sy opwagting sal maak. Hulle wil die klein rakker na sy pa vernoem.

Michelle vertel toe sy Ra­mone vir die eerste keer ontmoet het, was hy maar klein. Maar toe sy hom weet in 2018 sien, het die sexy man haar voete onder haar uitgeslaan.

Sy sê voor Ramone was sy nie ’n groot rugby fan nie; sy was meer oor krieket.

Ramone vra dat die gemeenskap asseblief moet ag slaan op pres. Cyril Ramaphosa se versoek om die lockdown weens die corona-virus te eerbiedig.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters