15 dae gelede
Trevor nie net ’n grapjas
nice: Trevor Noah het mos ’n campaign begin om onderwys in Suid-Afrika te verbeter. Foto: mpaa.org  ~ 

VIR hierdie ou het ek tyd.

En hoor net wat hy nou gedoen het. Die Trevor Noah Foundation het ’n crowdfunding campaign begin genaamd #GivingTuesdaySA Challenge.

Daarmee word beoog om miljoene rande in te samel om onderwys in die land te verbeter.

Die foundation het die website BackaBuddy gebruik waar die comedian sy fans reg oor die wêreld vra om geld te skenk vir dié doel. Hy het tot belowe hy sal alle skenkings match tot R2 miljoen.

Die Daily Show host het verduidelik dat die projek beoog om onderwys reg oor SA meer toeganklik te maak en onderwysers te ondersteun.

Want Trevor sê onderwysers word onderbetaal en hy wil seker maak dat die mense wat die kinders onderrig, ook na hulleself kan kyk.

Ja, nou is my respek net groter.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters