Verlede maand
‘Top Billing’ sê ná 23 j. totsiens
einde: Top Billing gaan nie meer op die kassie wees nie. foto’s verskaf  ~ 

FLUIT-FLUIT en ná 23 jaar se glitz en glamour is Top Billing se storie ook uit.

Die sukkelende SABC het Donderdag skielik aangekondig die posh show se laaste episode sou gister uitgesaai word.

Dit kom omdat die uitsaaier se geldsakke glo nie meer so swaar gelaai is nie.

Die show het al die eer gehad om van Suid-Afrika se beste aanbieders te hê soos Bonang Matheba, Nico Panagio asook Jeannie D.

Ek voel eintlik net sleg vir die presenters en die produksie-span wat sonder werk sit, maar dis ál.

Die show was verskriklik over the top en het net huise, karre en vakansies afgeshow wat ons nie kan bekostig nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters