3 maande gelede
Tom gaan dóén met sy miljoen
wenner: Tom Swartz gaan ’n huis met sy prysgeld koop. Foto’s: INSTAGRAM  ~ 

TOM Swartz is R1 miljoen ryker!

Die wenner van Survivor SA se sesde reeks is Donderdagaand in ’n live opname by die Silverline Studios in Kaapstad aangekondig.

Ná 39 dae in die Filippyne met verskeie uitdagings, rugstekery en hongerpyne kan Tom vir sy familie gee wat hulle nog altyd begeer.

Die gewese poaching-bevelvoerder sê dis sy begeerte om die huis waarin hy en sy familie tans woon, vir hulle te koop.

En dan het hy ook uitgepak dat hy iets vir homself uit die deal gaan kry.

Hy het aan die radiostasie CapeTalk vertel hy wil vir sy vrou se boob job betaal.

Die TV-kanaal M-Net het ook aangekondig dat Nico Panagio weer die aanbieder van die volgende seisoen, Survivor Island of Secrets, gaan wees.

En as die sewende reeks die helfte so exciting gaan wees soos die Survivor Philippines, gaan ek dit beslis nie misloop nie!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters