2 maande gelede
Tiffany weet wat van haar gese word
sneaky GIRL: Tiffany Haddish erken sy luister ná haar oudisies altyd skelmpies wat casting directors van haar sê.Foto: getty images  ~ 

DIE grapjas-aktrise Tiffany Haddish is sommer lekker nuuskierig en sneaky.

Dié komediant neem casting directors se gesprekke op nadat sy ’n oudisie gedoen het sodat sy kan hoor wat hulle eintlik van haar dink.

Tiffany, wat saam met ses ander komediante op die voorblad van The Hollywood Reporter verskyn, het tydens hulle Com­edy Actress Roundtable erken dat sy haar foon, met die recorder aan, in haar handsak los sodat sy luistervink kan speel.

Die Nobody’s Fool-aktrise vertel: “Weet jy wat doen ek? Ek sal my foon op voice memo stel en in my sak sit.

“Ek sal die oudisie doen, uit die vertrek stap en my handsak daar los.

“Dan sal ek terugkom en sê dat ek my handsak vergeet het.”

En presies wat het die casting directors al van die aktrise gesê?

“Sy is nie so urban soos wat ons gedink het sy sal wees nie,” of “Sy is so ghetto, ek kan nie met haar deal nie,” is van die harde woorde wat die komediant moes aanhoor.

Op nog ’n geleentheid het sy gehoor: “Haar boobs is nie groot genoeg nie. Ek dink regtig ons moet eerder net ’n wit meisie kies.”

Ek dink Tiffany moes maar eerder dié brokkie info vir haarself gehou het, want nou gaan casting directors op die uitkyk vir haar sneakygeid wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters