3 maande gelede
The Voice-ou skuld musikant glo
BAIE KWAAD: Justin Reed soek sy geld.FOTO’S VERSKAF  ~ 

’N MUSIKANT beweer ’n deelnemer aan The Voice SA skuld hom geld nadat hy drie gigs vir hom gedoen het.

Justin Reed vertel hy het die gigs vir Ashur Petersen gedoen, maar wag nou nog vir sy geld.

Petersen is die seun van wyle Taliep Petersen, wat deur sy vrou vermoor is.

Reed sê verder het Petersen, wat uit The Voice gevote is, sy “moer gestrip” toe hy sy geld by hom gaan soek.

Reed vertel: “Hy skuld my R2 900 vir die gigs. Ek het genoeg gehad van Ashur se leë beloftes en hom gaan konfronteer daaroor. Toe ek hom vra waar die betaling is, toe raak hy kwaad.

“Hy was baie aggressief en kort van draad. Hy het my geskop en toe kom ek hom lelik by.”

Toe Son vir Petersen bel, het hy die hele storie afgelag en gesê hy is ’n goeie persoon en vol liefde en vrede.

Petersen sê: “Ek sal nooit ’n ander persoon afbreek nie. Ek sal ook nie toelaat dat julle my naam deur die modder sleep nie, want julle ken nie my lewe nie. Ek het geen wrok teen Justin nie.”

Petersen wou nie verder praat nie en het die foon neergesit.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters