2 maande gelede
The Rockets gaan club rock
stiek yt: The Rockets maak ’n draai by Club 925 in Worcester. foto verskaf  ~ 

AANDAG alle Worcesteriete!

Trek solank julle dansskoene aan en smeer julle lywe met vet, want die ding gaan behoorlik rock.

Stiek yt Saterdagaand 5 Oktober, want die immergewilde disco band The Rockets kom maak ’n draai in Club 925.

Nog nooit het The Rockets in dié gewilde club in Worcester gesig gewys nie. Hulle kom nou wys dat hulle dit nog in hulle het om die voete te laat jeuk.

The Rockets gaan ook hulle splinternuwe CD bekendstel en van hulle nuwe songs sing.

Kom luister na Manuel Losper, die groep se nuwe sangsensasie. Dié boeta ken nogal sy storie agter die mic.

Daar gaan ook streng sekuriteit wees wat geen nonsens gaan vat van kabouters wat wil moeilikheid maak nie.

Daar gaan ook gevaarlike bar specials wees. Toegang is R40 en jy betaal by die deur.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters