13 dae gelede
The rock is ’n regte pel
Tjommies: Dwayne Johnson gaan Kevin Hart se plek as gas oorneem op Kelly Clarkson se show.Foto: getty images  ~ 

DWAYNE “The Rock” Johnson se nuwe vroutjie, Lauren Hashian, gaan dalk vir hom kwaad wees, maar sy tjommie Kevin Hart is seker nou baie lief vir hom.

Die voormalige stoeier het sy wittebrood kortgeknip om vir die beseerde komediant in te staan op The Kelly Clarkson Show.

Die grapjas het sy rug laas Sondag ernstig beseer in ’n motorongeluk en moes ’n operasie ondergaan.

Dít terwyl die pasgetroude Rock en sy vroutjie nog vir ’n lekker romantiese vakansie in Hanalei Bay, Hawaii, uitgespan het.

Kelly Clarkson het in ’n promotional clip vir die show gesê sy is so dankbaar dat The Rock opgestep het.

Die kort komediant was veronderstel om die eerste gas op Kelly se show te wees en kykers sal maar nou tevrede moet wees met The Rock.

Intussen lees ek op TMZ dat ou Kev se operasie darem goed afgeloop het. Hy gaan nou eers aansienlike fisioterapie benodig om hom te help herstel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters