3 maande gelede
The Bachelor SA: Pasha en Bridget maak weer waves
hou jou bek! Bridget se gesig staan op nul toe Pasha heel opgewonde vir ál die meisies van haar one-on-one date met Marc vertel. foto’s verskaf  ~ 

DONDERDAGAAND het dit weer trane, drama, soene en rose gereën op The Bachelor SA.

Julle weet teen dié tyd al ek laiks drama, maar een ding waarvan ek glad nie hou nie, is wanneer vroue mekaar slut of body shame.

Ons het sommer ’n dubbele dosis hiervan gekry toe van die meisies die sexy 27-jarige Pasha dos Santos van Kaapstad slut shame toe Marc Buckner, die hunky bachelor, haar weer op ’n one-on-one date gevat het.

Die meisies was duidelik jaloers oor Pasha reeds heel aan die begin ’n one-on-one met Marc gehad het.

Wat die meisies moeriger gemaak het, was Pasha se stink houding toe sy hoor sy het nóg ’n date met onse bachelor.

Sy het gemaak asof sy nie ’n veer vir hom voel nie, maar het toe maar dikbek gaan klaarmaak.

Aan die einde van die date het sy egter blink-oog teruggekom met ’n roos en toe kon die res aan die meisies in die huis slange vang.

Dinge het erg gelol by die cocktail-paartie toe die res van die meisies Pasha soos ’n melaatse behandel het.

Dis toe dat Pasha begin met haar body shaming. Sy het gesê die whisky is vir die maer meisies.

Daar sal soveel minder onaangenaamheid in die huis wees as die ondankbare Pasha en die ongeskikte Bridget nie meer daar is nie.

Maar Marc het dié week besluit hy wil eers ontslae raak van Daniella.

Daar is nou 10 meisies oor.

Wie dink jy gaan die aantreklike Marc se hart steel?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters