14 dae gelede
Tafelberg-koor hou opvoering
NUWE stemme: Die Tafelberg-mannekoor is tans op soek na nuwe lede.foto verskaf  ~ 

DIE Tafelberg-mannekoor van Kraaifontein is op soek na nuwe stemme.

Die koor se leier, Arthur Louw, sê hulle gaan oudisies hou en diegene wat belangtel, kan hulle gerus kontak.

Die Tafelberg-mannekoor bestaan nou al 25 jaar en die lede is van verskillende gemeentes en kom van areas soos Northpine, Brackenfell en Kraaifontein.

Die manne spesialiseer in gewyde, tradisionele en gospel a cappella-musiek.

Die koorlede beplan ’n groot gospelkonsert op 3 November by die Artscape.

Die Kairos-mannekoor, Goodwill Choristers, Maranatha-mannekoor, Celestial Voices, Companions of Christ, Men of Praise en Calvyn-mannekoor sal ook optree.

So, as jy nog altyd in ’n mannekoor wou sing, is dit nóú jou kans om jou sangtalent verder te ontwikkel­.

Die koor oefen elke Dinsdag en roteer dan op ’n Donderdag.

Die konsert begin 19:00 en die toegang kos R80.

Kontak Arthur gerus by 083 975 3184 vir meer inligting.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters