Verlede maand
‘Survivor’ is terug op die kassie
vaartbelyn: Steffi Brink het die soort lyf wat haar challenges lag-lag kan laat wen.  ~ 

SUID-AFRIKANERS kan hulle solank regmaak vir lekker aksie oppie kassie, want Survivor SA het dié week weer begin.

Dié een is in Samoa geskiet. Die drie tribes is Ta’alo, Sa’ula en Laumei – en die een is so gedug soos die ander.

Ta’alo beteken “seeperd” of “om te speel” in Samoaans. In die Polinesiese kultuur simboliseer die seeperd geluk.

Sa’ula beteken swaardvis en dit simboliseer dapperheid, reinheid en krag.

Laumei beteken skilpad en dit simboliseer ’n lang lewe, goeie gesondheid, harmonie en vrede.

In die eerste episode, wat Donderdagaand op die kassie was, is die 33-jarige life coach Lee-Anne van Renen van Durbanville in die Kaap huis toe gestuur.

Wat vir my interessant was van dié episode, is dat almal sommer van die begin af ingespring het om alliances te vorm.

Sa’ula – Robert Bentele, Nathan Castle, Steffi Brink, Nicole Capper, Sepei Mashugane en Paul Smulders – lyk vir my na ’n sterk tribe.

Hopelik gaan hulle ’n eenheid bly en nie later teen mekaar knoei oor die idol wat gevind is nie.

Dié reeks gaan beslis baie vuurwerk oplewer. So, maak seker jy skakel elke Donderdagaand 19:00 in op M-Net.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters