Verlede maand
Supervroue hou 'n show
STERK VROUE: Vicky Sampson sê daar gaan vuurwerk op die verhoog wees.  ~ Foto Verskaf

DIE divas Corlea Botha, Nádine, Liezel Pieters, Jennifer Jones­, Vicky Samp­son en Monique Steyn word beslis as van die beste vrouekunstenaars in ons land beskou.

Die ses vroue met hulle uiteenlopende maar kragtige stemme gaan later vanjaar hulle talente kombineer. Hulle gaan, in samewerking met Entertainment & Event Factory, die SA’s Diva Spectacular Show by die Sun Arena in Pretoria doen.

Met dié vertoning bring hierdie vroue ’n boodskap van hoop na Suid-Afrika. ’n Boodskap wat die land kan herenig, spesifiek omdat vroue veral in tye soos hierdie so ’n uiters belangrike rol in die lewe van kinders, mans en die wêreld speel.

Vicky Sampson meen elkeen van hulle is in hulle eie hoedanigheid sterk kunstenaars. En wanneer hulle saam op daardie verhoog gaan verskyn, gaan daar vuurwerk wees, glo sy.

Verenig

“Ek is so trots daarop om deel te kan wees van hierdie event.

“Dit is wonderlik om op een verhoog met ander vroulike kuns­tenaars te kan verenig.

“Dit is iets waarvan ek so graag meer wil sien. Ek glo elkeen van ons gaan iets unieks en spesiaals na die vertoning bring.

“Dankie dat ek deel kan wees hiervan.”

SA’s Spectacular Diva Show vind op 23 Augustus by die Sun Arena plaas. Dit begin 14:00.

Die kaartjies is aanlyn beskikbaar. Gaan kyk by iTickets.­co.za.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters