26 dae gelede
Superster Aaliyah in wax vereer
pragtig: Aali­yah was nie net mooi nie, sy kon sing ook. Foto: crfashionbook.com  ~ 

DAAR word altyd gepraat oor celebs wat in wax-museums verewig word.

Madame Tussauds is wêreldbekend vir mense wat mense met wax dupliseer.

Vroeër die maand is berig dat ’n Madame Tussauds in Los Angeles ’n wax model van die oorlede R&B-sangeres Aaliyah bekend gestel het.

Die 22-jarige Amerikaanse ster het op 25 Augustus 2001 gesterf toe die vliegtuig waarin sy en ’n film crew was, by die Marsh Harbour-lughawe op die Abaco-eilande in die Bahamas neergestort het.

Ses mense is dié dag in die vliegongeluk dood.

Hulle het ’n musiekvideo van Aaliyah se single “Rock the Boat” geskiet.

Sy leef steeds vandag voort in haar musiek en Madame Tussauds wou die jong ikoon laat voortleef.

Hulle het besluit dat sy moet lyk soos in haar musiekvideo “Try Again”. – hotnewhiphop.com

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters