2 maande gelede
‘Sukses sal kom as jy in jou produk glo’
Uniek: Melissa van Duyn, Denzil Pillay en Andrea Amber Jacobs. Foto: D’Mitri Bailey  ~ 

“EK DOEN die werk nie om mededingend te wees nie, maar uit die liefde vir ontwerp.”

Só vertel die ontwerper en make-up artist Denzil Pillay. Hy is oorspronklik van Kimberley, maar woon al jare in Kaapstad.

Pillay sê die bedryf is nie altyd maklik nie, maar as jy deurdruk en in jou produk glo, sal jy uiteindelik suksesvol wees.

“Die uitdagings is groot in die modebedryf. Geld is die ander kopseer. Maar as jy positief bly en in jouself glo, kan jy berge versit.

“Wat my klere uniek maak, is dat ons vir plus-sized modelle – mans en vroue – cater wat altyd sukkel om klere te kry waarin hulle gemaklik is. Ek wil klere ontwerp waarin mense gelukkig sal wees en wat hulle met trots sal dra.”

Pillay sê verder oor sy passie vir ontwerp: “Dit laat my elke dag opstaan en die dag aanpak met nuwe hoop en inspirasie.”

A Night of Fashion, waar plaaslike ontwerpers se werk geshowcase gaan word, vind 20 Desember by The Address in Athlone plaas.

Op dié aand gaan 10 ontwerpers en 15 fotograwe van die Kaapse Vlakte hulle creations wys.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters